Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 2:5

Jesus se Wonderwerke
5 Dae
Terwyl Jesus op die aarde was, het Hy meer wonderwerke verrig as wat ons van weet. Hy het siekes genees, mense weer lewend gemaak, en fantastiese dade verrig wat toeskouers sprakeloos gelaat het. In hierdie leesplan gaan ons leer oor vyf wonderwerke wat Jesus verrig het en die waarhede wat ons daaruit in ons lewens kan toepas.

God wat Wondere Doen: Niks is vir God Onmoontlik nie
5 Dae
Hierdie leesplan herinner jou daaraan dat God steeds wondere doen. Hy is die Een wat ’n weg maak waar daar geen pad is nie – die God van tweede, derde en duisendste kanse. Wanneer alles verlore lyk, bly Hy getrou. Hy herstel, heropen, herskep. As jy moed verloor het, hoop nodig het, of glo dit is te laat – kom ontdek weer dat niks vir God onmoontlik is nie. Jy kan aan Hom vashou.

Die Boek Johannes | Die Sewe "Tekens" En Die Sewe "EK IS"-Stellings van Jesus
7 Dae
Die Evangelie van Johannes kan in vier dele opgedeel word: 'n Inleiding (Johannes 1:1-18), die Boek van Tekens (1:19-12:50), die Boek van Verheerliking (13:1-20:31) en 'n Slotrede (hoofstuk 21). In hierdie 7-dag leesplan gaan ons die sewe “Tekens”, en die sewe “EK IS”-stellings van Jesus bestudeer om te demonstreer dat Johannes sy boek gestruktureer het op 'n manier wat die leser help om te sien dat Jesus die prediking van Elisa vervul.

Maria Was 'n Ma
7 Dae
Moederskap is 'n glanslose, tog oorweldigende roeping wat vele vroue te beurt val. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat uitgekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hierdie 7-dag leesplan oor Jesus se ma, Maria.

Afwagtend - 'N Lewe Gevul Met Wonderwerke
9 dae
Afwagtend - 'n Lewe Gevul Met Wonderwerke. In ons lewens is daar volop geleenthede vir wonderwerke om te gebeur. Die uitdaging is gewoonlik om onsself in pas te kry met God se plan vir ons lewens sodat ons hierdie wonderwerke kan beleef.

Onverskrokke Gebede
14 Dae
Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur, as ons maar net die geloof het om te vra vir dit wat oneindig ver bo en buite menslike bereik is. Sukkel jy om 'n paar uitdagende gebede te bid? As dit die geval is, is hierdie 14-daglange reis vir jou.

Vra, Dink, Verbeel Jou
22 Dae
Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek Johannes
25 Dae
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.

Wandel deur Johannes
28 Dae
Werk elke dag deur verskillende hoofstukke en verse om Jesus persoonlik te ontmoet. Johannes is 'n wonderlike boek vir elke kind van God, maak nie saak of jy gister tot wedergeboorte gekom het en of jy al vir 70 jaar die Here dien nie, daar is elke dag iets nuuts wat ons van Jesus kan ontdek. Geniet die avontuur saam met Johannes.