Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 14:14

Jesus, ek het U nodig!
3 Dae
Voel jy 'n diepe behoefte aan Jesus? Hierdie 3-dag leesplan oor gebed is ontwerp om jou alleentyd met Hom te verryk en jou te help om na Hom uit te roep. Dit dien ook as 'n begeleide gebed vir die agt-deel reeks "Jesus, ek het U nodig" deur Thistlebend Ministries.

Die Opgestane Redder en Sy Kerk
3 Dae
Hierdie Paasfees, onthou: Jesus het opgestaan! Petrus en Johannes het na die graf toe gehardloop en ontdek dat die Verlosser die dood oorkom het. Sy werk is voltooi — verlossing, vergifnis en versoening is ons s'n. Nou is sy kerk geroep om sy werk voort te sit asook om, vrede en orde deur die Gees te bring.

Die Teken van die Kruis
5 Dae
Om die teken van die kruis te maak wanneer jy bid, het ontstaan toe die vroeë Christene 'n kruis op hul voorkoppe gemaak het. Mettertyd het hierdie gebruik verder ontwikkel en word deesdae gereeld deur meer as 'n miljard mense in die wêreld gebruik. Ons gaan in hierdie Bybelstudie die beoefening van gebed bestudeer en ook die omvang van die geheimenis van die Drie-eenheid en die opoffering van ons liefdevolle God.

Geloof - Leef Doelbewus en Ewigheids Gefokus
5 dae
Die Here wil hê dat sy gelowiges op geloofsvlerke moet sweef. Die Bybel is ons gids, die karakters daarin ons voorbeelde, en die Heilige Gees ons hulp vir die lewe in geloof. Die Bybel is vol getuienisse wat ‘n alternatiewe lewe van rebellie en ongehoorsaamheid gekies het, asook die wat ‘n lewe van oorgawe in geloof gekies het.

Beoefen die Weg
5 Dae
Wie is jy besig om te word? Wanneer jy jouself in jou gedagtes voorstel as 'n 70-, 80-, of 100-jarige persoon — watter soort mens sien jy op die horison? Vul hierdie beeld jou met hoop? Of met verskrikking? John Mark Comer onderrig ons deur middel van hierdie oordenking sodat ons geestelik kan groei en daagliks meer en meer soos Jesus word.

Volg Die Leier, Word 'n Beter Dissipel
7 Dae
Verlossing gaan oor redding. Christenskap gaan oor gehoorsaamheid en die laasgenoemde is 'n bewys van die eersgenoemde (1 Johannes 2:3). Noem jy jouself 'n Christen? Volg dan vir Jesus. Gehoorsaam.

Begin Met Gebed 7-Dag Uitdaging
7 Dae
Die Begin met Gebed 7-Dag Uitdaging sal jou aanmoedig om opregte gesprekke met God aan te knoop. Deur die loop van die week sal Max Lucado jou aanmoedig om gebede van lofprysing te bid, God aan sy beloftes te herinner en met selfvertroue te verskyn voor die Koning van alle konings. Elke dag van die uitdaging sluit 'n gedeelte van Max in, sowel as 'n relevante Skrifgedeelte en 'n deurdagte gebed.

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees
7 dae
Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die Heilige Gees as God en as een van die Persone in die Drie-eenheid.

Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed
7 dae
Gebed en die Bybel is die twee mees fundamentele maniere waarop Christene met God kommunikeer. Mense soek na 'n dieper verhouding met God. Mense wil met God praat. God het ons gemaak om met Hom te praat en Hy wil graag met ons praat. Hierdie leesplan fokus op enkele aspekte van gebed wat belangrik is vir dissipels en dissipelmakers.

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees
7 Dae
Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die Heilige Gees as God en as een van die Persone in die Drie-eenheid.

Leer Ken God op 'n Nuwe Manier
7 Dae
Ons leer vir God in die Bybel en ook in die skepping ken. Hy is die ewige, almagtige, alomteenwoordige, onsienlike, onbegryplike, soewereine, genadige, heilige, liefdevolle, alwyse, alwetende, getroue God. Hy is die Redder, Verlosser, Oorwinnaar, Bevryder en Skeppergod. Ken jy Hom regtig?

Die krag van 'n biddende ouer
7 Dae
Topverkoper-outeur Stormie Omartian het hierdie belangrike les oor ouerskap geleer: “Ek het geleer dat ek nie ’n volmaakte ouer hoef te wees nie; ek hoef net ’n biddende ouer te wees. Dit was iets wat ek wel kon doen. Ek het geleer om elke aspek van my kinders se lewens in gebed op te dra. Oor die jare het ek vir my kinders gebid (ja, hulle is al grootmense en ek bid nog steeds vir hulle) en my gebede is al op wonderlike wyses beantwoord.” Hierdie leesplan bevat sewe gebede vir kinders van enige ouderdom.

Beweeg Mense deur God Alleen
12 Dae
So dikwels beland ons in desperate situasies waar ons nie meer weet wat om te doen nie. Die waarheid is dat ons mense deur God alleen kan "beweeg." Ons wil te vinnig na ander mense gaan vir hulp en met ons eie krag die probleem oplos.

Gesprekke Met God
12 Dae
Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!

Gehoorsaamheid
2 Weke
Jesus het self gesê dat dié wat Hom liefhet, sy onderrig sal gehoorsaam. Maak nie saak wat die persoonlike prys is nie, ons gehoorsaamheid is belangrik vir God. Die "Gehoorsaamheid" leesplan werk deur die Bybelverse oor gehoorsaamheid. Hoe om 'n ingesteldheid van integriteit te hê, die rol van genade, hoe gehoorsaamheid ons vry maak, ons lewens seën en meer.

Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & Antwoorde
21 Dae
Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™
21 dae
Hierdie 21 dae-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en IN DIE VREDE VAN SY TEENWOORDIGHEID deur Angus Buchan.

21-Dae van Gebed vir Vriende
21 Dae
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

21 Dae Gebed
21 Dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

Wandel deur Johannes
28 Dae
Werk elke dag deur verskillende hoofstukke en verse om Jesus persoonlik te ontmoet. Johannes is 'n wonderlike boek vir elke kind van God, maak nie saak of jy gister tot wedergeboorte gekom het en of jy al vir 70 jaar die Here dien nie, daar is elke dag iets nuuts wat ons van Jesus kan ontdek. Geniet die avontuur saam met Johannes.

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreld
30 Dae
Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye vennote. Hulle geografiese gebiede verskil dalk, maar hulle is almal verenig met die doel om die Woord van God te verkondig. Reis saam met ons deur die Skrif op 'n 30-dae toer!