Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 10:2

Die Laaste Vier deur Craig Groeschel
4 Dae
Het jy al ooit gewonder wat in die denke van 'n leraar aangaan? Wel, hier is jou kans! Die stigter en senior pastoor van Life.Church, Craig Groeschel, gee ons 'n intieme kykie na sy daaglikse roetine wanneer hy die laaste vier verse lees wat hy in sy Bybel gekleurmerk het. Laat jou denke toe om vernuwe te word terwyl jy die Skrifgedeeltes saam met hom lees en uitvind hoekom hy gekies het om hulle in die eerste plek te kleurmerk.

Dit Is Wat Ons Doen
4 dae
Doen jy dit? Dit sal deure oopmaak en probleme oplos. Dit sal ander ook inspireer om dit te doen ̶ dit is op 'n goeie manier aansteeklik. Indien hulle ons lewensverhaal vertel, wil ons hê dat hulle dit heel bo moet sit. Ons is hiervoor gemaak. As gevolg van wat God vir ons gedoen het, is Dit Wat Ons Doen.

Every Nation Faith City - Stemme
4 dae
Stemme is oral om ons, en elkeen soek ons aandag. Daagliks word ons gekonfronteer met baie verskillende stemme, asook die keuse, na wat se stem luister ek vandag? In hierdie tyd van toewyding gaan ons kyk hoe om die stem van God beter te hoor!

Waarop Fokus Jy?
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!

Gebede uit ’n Vrou se Hart
5 Dae
Dalene Reyburn kom bid vir 5 dae saam met jou. Sy weet dat soveel vroue nie altyd die vertroue in hulleself en in God het wat hulle eintlik weet hulle kan hê nie. Hierdie innige gebede, vermeng met Skrifbeloftes, sal jou help om die regte woorde te vind in jou stiltetyd saam met die Een op wie jy elke dag kan vertrou, in wie jou dryfkrag, selfvertroue en kalmte lê.

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)
5 Dae
Die Christelike lewe gaan nie net daaroor om die waarheid te ken nie, maar om waarheid in aksie te word — mense deur wie die liefde van God sigbaar word in ons wêreld. Hierdie reis begin wanneer ons God se liefde persoonlik ontvang en toelaat dat sy Gees ons harte vorm, ons denke vernuwe en ons lewens in lyn bring met sy doel. In hierdie leesplan gaan ons saam ontdek wat dit beteken om liefde te word. Let wel: hierdie leesplan is deel vier van 'n vierdelige leesplan.

Wat Jesus Nooit Gesê Het Nie
6 Dae
As Jesus akkoord gegaan het met al die aansprake wat sy volgelinge aan Hom gekoppel het, dan sou Hy baie verward gewees het, want Hy sou gedurig in stryd met Homself wees en terselfdertyd besig wees om al die stellings van beide kante te debateer. Genadiglik praat Jesus namens Homself. Jy kan in hierdie Life.Church leesplan van Pastoor Craig Groeschel meer oor Jesus se woorde lees.

Om na God te Luister
7 Dae
Amy Groeschel het hierdie 7-dag leesplan geskryf, met die hoop dat mense dit as 'n boodskap uit die liefdevolle hart van die Vader self sal ervaar. Haar gebed is dat dit jou sal leer om die gedruis om jou af te skakel en op sy stem te fokus.

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.
7 dae
Christene het 'n diep begeerte om in 'n dieper verhouding met God te staan, meer van Hom te beleef en sy weë beter te verstaan. Hierdie leesplan fokus op geestelike dissiplines wat mense kan help om op hierdie pad te loop.

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees
7 Dae
Om God se stem te leer ken in jou daaglikse lewe is die sleutel tot ’n oorwinningslewe. Ons is ontwerp om sy stem te kan hoor en daarop te reageer. Mag hierdie belewenis jou op ’n avontuur neem waarin jy sy stem opnuut ontdek!

Leer Ken God op 'n Nuwe Manier
7 Dae
Ons leer vir God in die Bybel en ook in die skepping ken. Hy is die ewige, almagtige, alomteenwoordige, onsienlike, onbegryplike, soewereine, genadige, heilige, liefdevolle, alwyse, alwetende, getroue God. Hy is die Redder, Verlosser, Oorwinnaar, Bevryder en Skeppergod. Ken jy Hom regtig?

The Chosen + BibleProject: Reeks 4-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se vierde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan lei jou om mense se uiteenlopende reaksies op Jesus te bestudeer: aanstoot, twyfel en vertroue.

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel
8 dae
Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raak bewus van daardie vreugde ”stelers” sodat ons hulle met die nodig teengif kan behandel.

Ons Daaglikse Brood 15-dae Uitgawe
15 Dae
Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net 'n paar minute per dag, sal die inspirerende en lewensveranderende stories jou na ons Hemelse Vader lei met wysheid en beloftes uit sy Woord wat nooit verander nie.

21-Dae van Gebed vir Vriende
21 Dae
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.

Wandel deur Johannes
28 Dae
Werk elke dag deur verskillende hoofstukke en verse om Jesus persoonlik te ontmoet. Johannes is 'n wonderlike boek vir elke kind van God, maak nie saak of jy gister tot wedergeboorte gekom het en of jy al vir 70 jaar die Here dien nie, daar is elke dag iets nuuts wat ons van Jesus kan ontdek. Geniet die avontuur saam met Johannes.

'n Sprong van Vreugde
31 Dae
Die Bybel leer ons dat "in sy teenwoordigheid is daar volkome blydskap" en dat "die vreugde van die Here ons sterkte is". Vreugde is nie net nog 'n emosie nie, dit is 'n vrug van die Gees en een van die beste wapens in ons arsenaal om ontmoediging, depressie en nederlae te beveg. Bring 31 dae deur om te leer wat die Bybel sê van vreugde en versterk jouself om 'n oorwinnende en vreugdevolle Christen te word.