Gratis leesplanne en oordenkings oor JEREMIA 1:7

'n Vrou Van Betekenis: Ontdek Jou Doel
5 Dae
Jy is 'n vrou van betekenis met 'n Godgegewe bestemming. Hy het jou doelbewus, met 'n doel, vir 'n doel gemaak! Jy is nie per ongeluk hier nie; jy is hier deur die doelbewuste planne van God vir hierdie oomblik in die geskiedenis. Sy voorafbeplanning vir jou ongeëwenaarde lewe was deeglik, volledig en doelgerig. Ontdek hoe jy in die hart van God vir hierdie tyd ontwerp is!

Jy Is Uniek
6 Dae
Oor hierdie 6 dae herinner God ons weereens aan hoe spesiaal en uniek ons is. Enig in ons soort. Ons moet ook onthou en besef hoe belangrik ons gedagtes is. Ons kies waarop ons wil fokus. Ons moet doelbewus kies om met die Here se hulp op dit te fokus wat goed en opbouend is. Want dit wat ek dink, dit is ek.

Vry Van Myself: Hoekom Die Lewe Beter Is As Alles Nie Om Jou Draai Nie
7 Dae
Ek het iets verrassends ontdek: om vir myself te lewe is baie werk. Dit mag dalk bevrydend klink om gefokus te bly om die beste "ek" te wees, maar dit is eintlik 'n baie swaar las om te dra — God het ons eerder geroep om ons vreugde daarin te vind om allereers op Hom te fokus. Ek hoop die kort oordenkings uit my boek "Free of Me", vind aanklank by jou begeerte om jou los te maak van jouself en aan God vas te hou. Daar vind ons ware vryheid!

Op Jesus Se Hakke
8 dae
Om Jesus se volgelinge te wees in ’n stukkende wêreld is beslis nie kinderspeletjies nie. Maar dit is elke kind van God se roeping; daarom belowe Hy om elke stap van die pad saam met ons te wees wanneer ons onsself toewy aan Hom. In hierdie 8-dag-leesplan gesels Stephan Joubert en Johan Smith oor die uitdagings, verantwoordelikhede en vreugdes van mense wat op Jesus se hakke loop.

Herskep deur die Waarheid
12 Dae
Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse Christelike wandel mag sukkel. In 12 dae sal jy leer om die leuens te herken wat die Satan vir jou vertel en ook om die waarheid te ken wat in Christus te vinde is. Jy mag dalk selfs vind dat jy nie so alleen in jou stryd is as wat jy gedink het nie.
