Gratis leesplanne en oordenkings oor RIGTERS 6:14

Elke Tree 'n Aankoms
5 Dae
Ons hoop hierdie vyf oordenkings van Eugene Peterson sal jou denke en hart neem na waar dit ook al mag gaan, want jy weet nooit wat die Gees sal gebruik om te bemoedig of uit te daag of te vertroos nie. Jy mag kies om die vrae aan die einde van elke oordenking te gebruik om jou eie gebed van die dag te vorm — beslis nie as die eindpunt nie, maar eerder as die begin van die aankomste wat op jou wag.

Ek verklaar oorlog: 4 Sleutels Om Die Stryd Teen Jouself Te Wen
5 Dae
Wen die stryd met jouself deur oorlog te verklaar teen die weergawe van jouself wat jy nie wil wees nie. Ontdek die gedagtes, woorde, gewoontes en krag wat jy benodig om hierdie oorwinning te behaal. Jy is heel waarskynlik jou eie grootste vyand. Leer om uit jou eie pad te kom en om die wapen van oorwinning te ontdek om die innerlike stryd te oorwin.

Hoop is 'n Persoon
5 Dae
Wanneer ons alledaagse lewe verwoes word deur lewensveranderde ervarings dan voel ons vrees, angs, hartseer en teleurstelling en uiteindelik lei dit ons na wanhoop. Ons hoop en drome vervaag deur die harde werklikheid van die lewe. Hoop is egter nie net 'n kortstondige wens nie, Hoop is 'n Persoon!

Krygsman
6 dae
Daar is iemand sterk, wild en vol moed in jou binneste wat gereed is om op te staan en te veg vir wat saak maak. Hierdie Life.Church leesplan, bykomend tot Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Warrior", sal jou oproep om jou doel te vind, huiwering uit te daag, wonde te genees, verslawing te beveg en as 'n kampioen te seëvier.

Besluiteloos?
7 Dae
Het jy nog nie besluit oor God nie? Is jy onseker oor wat jy glo? Gebruik die volgende sewe dae om die Bybel te verken en sien wat God oor sy ware aard aan jou openbaar. Dit is jou geleentheid om die storie vir jouself te lees en te besluit wat jy glo. Die begrip van wie God is, is te belangrik vir jou om nog besluiteloos te wees.

Josua/Rigters/Rut: Kies Oorwinning Oorkom Nederlae
7 dae
Ons bevind onsself lewenslank te midde van 'n stryd. Dit was ook so vir God se volk ten tye van die Ou Testament. Josua moes teen ‘n oormag veg om die stad Jerigo te oorwin. Israel is voortdurend onderdruk in die Rigterstyd. Rut was onseker hoe sy in die vreemde land, vêr van haar eie tuiste, sou oorleef. Ontdek self, deur dié studie, die sleutel tot oorwinning van daaglikse stryde!

Koninkryksmanne wat Opstaan: 'n 8-dag leesplan
8 Dae
Ons kultuur is verward oor wat dit beteken om 'n man te wees. Begrippe van manlikheid word misverstaan en verguis. Hierdie leesplan spreek waarheid oor die doel en toekoms van Bybelse manlikheid. In hierdie leesplan sal mans op 'n eerlike manier worstel met die unieke vrae en omstandighede wat hulle vandag in die gesig staar terwyl hulle uitgenooi word om God se bedoeling met manlikheid te ontdek.

Hoe is God? 'n 21-dag Leesplan
21 Dae
Hoe is God? Dit is 'n groot vraag, maar 'n belangrike een. Wat ons van God verstaan, sal bepaal hoe ons onsself met Hom vereenselwig. Hoe meer ons van God weet, hoe beter sal ons verhouding met Hom wees. Regdeur die Bybel openbaar God wie Hy is. Elke naam van God vertel ons iets van Hom. Oordink God se karakter oor die volgende 21 dae en kyk hoe jou liefde vir Hom groei.

Verlos Van Skande
29 dae
Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.