Gratis leesplanne en oordenkings oor JAKOBUS 2:6

Die Krag van Eenheid
4 dae
Baie mense is daarmee tevrede om ander rasse net te verdra in plaas daarvan om as 'n eenheid saam te leef. Ons verdra verskillende rasse en sal dalk selfs rasse-byeenkomste bywoon. Wanneer die byeenkoms egter verby is, gaan ons almal weer in ons onderskeie rigtings. Dit bewys dat dit meer as 'n glimlag, handdruk en vriendelike "hallo" verg om rassegapings te oorbrug. In hierdie 4-dag leesplan sal Dr. Tony Evans jou op 'n reis na Bybelse eenheid neem.

Na God se Eie Hart
5 Dae
Koning Dawid word in die Nuwe Testament beskryf as 'n man na God se hart, wat beteken dat hy sy eie hart met dié van God in pas gebring het. Terwyl ons Dawid se lewe bestudeer, is ons doelwit vir hierdie reeks om die dinge wat Dawid in 1 en 2 Samuel gedoen het, te ontleed om ons harte in ooreenstemming met God se hart te bring om dieselfde intense fokus en gees te verteenwoordig wat Dawid deur sy hele lewe ten toon gestel het.

Die Rol van die Kerk in Kulturele Botsings
4 dae
Hoe is dit moontlik dat rassisme en ongelykheid ons kultuur so verwoes? Kyk na die groot aantal kerke. Net in Amerika, is daar meer as 300,000 kerke. Dit beteken, week na week is daar 300,000 preke, aanbiddingsdienste en byeenkomste. Waarom sien ons dan nie 'n groter invloed op die kultuur nie? In hierdie vier-dag leesplan gaan dr. Tony Evans die ware kerk bespreek en hoe dit ons kultuur ten goede kan beïnvloed.

Jakobus
18 Dae
As jy 'n gelowige in Jesus Christus is, dan moet jou optrede jou nuwe lewe weerspieël; stel jou geloof in aksie. Reis daagliks deur Jakobus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Jakobus
27 Dag
Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.