Gratis leesplanne en oordenkings oor JAKOBUS 1:7-8

God, Wat Van My?
5 Dae
Wanneer ons voel dat ons in die lewe agterraak en die stem van vergelyking al hoe harder word soos die dae verbygaan, sien ons dikwels nie dat God in ons midde beweeg nie. Dit is in hierdie oomblikke wanneer ons geloof die meeste beoefen word. Hierdie leesplan sal jou bemoedig terwyl jy op God wag.

Die Kuns van Oorlewing
5 dae
In hierdie sondige wêreld is ons lewens vol swaarkry en beproewings. Miskien bevind jy jou tans midde-in so ʼn beproewing en daar maal omwillekeurig vrae deur jou kop: “Hoekom?” of selfs “Hoe gaan ek hierdeur kom?” In hierdie vyf-dae leesplan deel Chip Ingram met ons hoe ons God se blydskap kan ervaar, selfs te midde van swaarkry, as ons die Kuns van Oorlewing bemeester.

Hartseer Happe: Twyfel Onthul
7 Dae
Sukkel jy met hartseer? Twyfel jy oor God se goedheid wanneer die lewensstorms om jou woed? Ondervind jy lusteloosheid of verwarring in jou Geestelike wandel? Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om enige twyfel wat in jou hart mag wees uit te wys. Verder sal dit jou help om twyfel te gebruik as ‘n sein om nader na God se hart te groei.

Oorwinning Deur Middel Van Swakheid
7 Dae
Lyding kan verwarrend wees. God se volk — en selfs Jesus — het dikwels die "Hoekom?" vraag gevra wanneer hulle lyding ervaar het. Die Skrif onthul sommige, alhoewel nie almal, van God se redes hoekom Hy lyding in ons lewens toelaat nie. Deur dit alles, word ons geroep om getrou te volhard en te rus in die versekering van uiteindelike oorwinning en ewige beloning.

Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing
7 Dae
Ons sien of voel dit dalk nie altyd nie, maar God is altyd met ons ... selfs wanneer ons deur moeilike dinge gaan. In hierdie leesplan skryf "Finding Hope" koördineerder, Amy LaRue, uit die hart oor haar eie gesin se stryd met verslawing en hoe God se vreugde in hul donkerste tye deurgebreek het.

Wat Is Jou Lewensdoelwitte?
9 Dae
Wanneer jy mense vra wat hulle in die lewe wil bereik, sal jy waarskynlik dinge soos rykdom, geluk, veiligheid en 'n liefdevolle gesin hoor. Dit is alles goeie dinge op sigself, maar as ons te veel daarop fokus, kan dit ons van God af wegtrek. Om dit te vermy, noem die apostel Paulus 'n ander lys van "lewensdoelwitte" wat ons moet nastreef. Kom ons bestudeer hulle een vir een.

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

Volg God se Hart
12 Dae
Om 'n kleingroep te lei, gaan daaroor om mense te lei om Jesus te volg, nie waar nie? Maar hoe lyk dit in die werklike lewe? Ons glo dit begin wanneer — jyself — Hom noukeurig volg. Die LifeGroups-span van Life.Church ontleed leierskapbeginsels in die lewe van Dawid, wat deur God self "'n man na My hart" genoem is. Begin vandag hierdie leesplan, en neem 'n reuse tree nader aan God se hart.

Hoop In Donker Tye
12 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie leesplan uit die boek "Hope in the Dark" van pastoor Craig Groeschel van Life.Church, net dit wees wat jy nodig het. As jy wil glo, maar nie seker is hoe nie, is dit vir jou bedoel.

In Die Sakewêreld Met God
12 Dae
Gee gierigheid 'n opstopper in die gesig met al God se roekelose liefde! God is gretig om sy liefde, goedheid en wysheid aan almal in die hemel en op aarde te vertoon. Duik sommer in God se begeerte om besighede te gebruik om op bonatuurlike wyse fisieke en geestelike armoede aan te raak en so die oorvloed van sy koninkryk na die aarde te bring.

Gesprekke Met God
12 Dae
Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!

Jakobus
18 Dae
As jy 'n gelowige in Jesus Christus is, dan moet jou optrede jou nuwe lewe weerspieël; stel jou geloof in aksie. Reis daagliks deur Jakobus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

God Se Droom Vir Jou Lewe
19 Dae
Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo en getrou te wees aan God se droom vir jou lewe.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

21 Dae Gebed
21 Dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

Jakobus
27 Dag
Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.

Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.