Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 9:6

'n Moeë Wêreld Juig — 'n Advent-leesplan
28 Dae
Moenie jou fokus oor die rede van die Kerstydperk verloor nie — Jesus. Om Advent te vier is 'n pragtige manier om Christus sentraal in die vakansie te hou en in hierdie leesplan gaan jy 'n reis deur die Skrif neem om ons Koning te aanbid met daaglikse Bybel lesings en oordenkings.

Verlosser - Die Belofte Vervul
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.

Die Beloofde Messias
29 Dae
Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.

Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees
30 Dae
"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n dieper begrip van die belangrikheid van God se vrede in jou lewe.