Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 60:1

Jesus die Skepper, Timmerman, Tuinier en Koning
4 dae
Jesus openbaar Homself in die Skrif as die Skepper (sedert die begin van alle tye), as 'n timmerman (met sy geboorte in die huis van Josef), tuinier (by die opstanding) en koning (in die nuwe Jerusalem). Hierdie leesplan sal jou lei tot 'n dieper waardering vir elkeen van die verskynings en wat hulle beteken in die werk wat jy elke dag doen.

Sout En Lig
5 Dae
Jesus roep die kerk op om die sout van die aarde en die lig van die wêreld te wees. Hierdie eienskappe is broodnodig vir 'n oorvloedige lewe. Hierdie studie ondersoek hoe ons veronderstel is om as die sout en lig op ons reis as Christene te lewe.

Ontwaak en Skyn
5 Dae
Mense sê dikwels: "Gee jou laste aan God oor". Wonder jy ooit: "Hoe moet ek dit doen?" Die gebrokenheid van die wêreld weeg te swaar en, al wil jy hóé graag Jesus se lig weerspieël, wonder jy hoe dit werklik daar uitsien wanneer jy sélf sukkel om die lig te sien. Hierdie leesplan ondersoek hoe ons ligte vir Jesus kan wees, selfs wanneer ons eie leefwêrelde donker voel.

Uit die Beek 2019
7 dae
Uit die Beek verskyn uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Wandel deur God se Woord
7 Dae
Jimi le Roux stap in hierdie 7 oordenkings saam met jou deur die Bybel deur te fokus op 7 bekende gedeeltes sodat jy die impak van die Woord opnuut sal ontdek. Ontdek hoe prakties, lewensveranderend en bemoedigend God se Woord is, en dat dit die duidelikste roetewyser vir jou lewenspad is.

Reis na die krip
25 Dae
Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n baba in 'n krip in Betlehem te gaan soek. Oor al die jare heen, het die uitnodiging nie verander nie. Dr. Charles Stanley gaan jou help om nader aan die Here te kom en jou aanmoedig om tydens hierdie Kersgety, tyd te maak om rus in die Vader se liefde te vind.