Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 30:15

Hoe Gaan Dit Met Jou Siel?
5 Dae
Judah Smith help lesers om hulle siele te ondersoek en te voed, terwyl hulle nader aan God groei.

Gewyde Rus: 'n 5-Dag Leesplan
5 Dae
Hoe kan jy jou energie, geluk, kreatiwiteit, en verhoudings vars en gesond hou te midde van oneindige eise van jou gesin, loopbaandruk, en die stres van die alledaagse lewe? In hierdie 5-dag leesplan wat op haar boek Sacred Rest gebaseer is, gee dr. Saundra Dalton-Smith vir die vermoeide toestemming om rus te koester, grense te stel en toevlug te soek sonder enige skuldgevoel, skaamte of vrees.

’n Dieper Verhouding Met God Deur Trevor Hudson
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan oor ’n dieper verhouding met God sal lesers daaraan herinner dat God hulle baie liefhet. Dit beklemtoon hoe belangrik dit is om te midde van ons besige lewe tyd alleen met God deur te bring. Elke dag bevat gedagtes oor ’n tema (soos gebed en hoop) en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se boek, “’n Dieper verhouding met God”.

Dis Tyd Vir... Insig
5 dae
Wat is insig? "Dis 'n toestand van duidelik insien en in diepte verstaan; begrip toon." Dit is eintlik 'n werkwoord as jy mooi daaroor dink. Jy moet iets doén. Ons lees maklik bo-oor woorde, verse, hoofstukke in die Bybel, maar stop nie lank genoeg om te dink wat jy self ín daardie woorde kan vind nie. Jou eie verhaal kan dikwels deur daardie woorde spreek tot 'n dieper verstaan.

Om God Te Aanbid
6 dae
Elke dag se oordenking gee insig hoe om God in alle aspekte van die lewe te aanbid en sal lesers inspireer om hulle harte geheel en al op hulle verhouding met Christus te fokus. Hierdie oordenking is gebaseer op R. T. Kendall se boek "Worshipping God" (R. T. Kendall was 25 jaar lank die predikant van die Westminster Kerk in Londen, Engeland.)

Wegkruipplek Oordenking
10 Dae
Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie? Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Weggesteek van die roetine. Weggesteek van ons taak-lysies. Weggesteek van ons titel. Net weggesteek en alleen met Christus waar ons kan hoor hoe Hy ons by die naam roep. Weggesteek, waar ons sy oorwinningsliedere kan toelaat om ons ore te vul.

!Stres!
10 dae
Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur, hoe beter. Die beste manier om jou te verkwik, is om jou oor te gee aan afhanklikheid aan God. Word eenvoudig stil en laat al die afleidings staan. Hierdie 10 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos en praktiese riglyne.

Oomblikke Van Inspirasie
10 dae
Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou grootste probleem en dat Hy wil hê jy moet sy krag gebruik in sulke omstandighede. Skep moed met hierdie 10 kort en kragtige oordenkings uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE.

Stilte: Die Krag en Noodsaaklikheid Daarvan
13 Dae
Almal het stilte nodig. Soms weet ons dit nie, maar sodra daar tye van stilte kom, kom vreemde vrede. Daar word die stemme van die wêreld en die stemme van my eie gedagtes uitgedoof. In daardie stiltes kom God dikwels en begin met ons praat. Mag hierdie leesplan jou by dieper intimiteit met God bring.