Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 1:2

Hy Het Uitgebloei!
3 Dae
Toe Jesus aan die houtkruis gesterf het, het sy bloed tot in die dieptes van ons siele ingeloop. Ons was uiteindelik herenig met God, wat met ons praat deur 'n universele taal wat direk tot ons omstandighede spreek — dit maak nie saak wie ons is nie, dit maak nie saak waar ons vandaan kom nie, en dit maak nie saak wat ons skei nie. Hy het uitgebloei sodat almal kon inkom!

Inleiding
3 dae
Begin jou Bybeloudiostudiereis met 'n daaglikse gids tot belangrike studiebenodigdhede en kies verse uit God se woord. Leer om jou tyd te maksimeer om die Bybel te lees.

Waarom Jesus Saak Maak
3 Dae
Hierdie 3-dagleesplan oor Johannes 17 sê kortliks hoekom Jesus werklik saak maak: Hy het ons baie lief, Hy het alle krag en Hy is die enigste weg na die Vader as die bron van ewige lewe. Die leesplan nooi ons om heilig te lewe, as sy getuies uit te gaan, Hom elke dag beter te leer ken, Hom heeltemal te vertrou en sy liefde vrymoedig met ander te deel.

Jesus, Ons Groot Hoofpriester
4 Dae
Die meeste van ons is nie vertroud met die rol van ʼn hoofpriester nie, so wanneer Jesus so beskryf word in die Woord kyk ons dit maklik mis – dit is net nog een van sy vele titels. Godfrey Mmagawo sien dit egter heeltemal anders. In hierdie 4-dag leesplan verduidelik hy hoe ʼn skynbaar onbelangrike stukkie Joodse kultuur groot implikasies het vir hoe ons deesdae met kultuur omgaan.

Tony Evans Onderrig Oor Hebreërs
5 Dae
In hierdie vyf-dag leesplan sal dr. Tony Evans saam met jou deur die eerste gedeelte van Hebreërs reis (1:1—3:6) en Jesus: Die Weergalose Persoon bespreek. Hebreërs is geskryf om gelowiges aan te moedig om nooit moed op te gee nie. Dus, as jy al ooit moedeloosheid in jou geloofsreis beleef het, dan is dit die boek wat jy moet bestudeer om bemoediging en hoop te vind om die wedloop van geloof goed te voltooi.

Groter Verlossing deur Jesus — Jesus is Groter Reeks #1
7 Dae
Jesus — Is daar iemand groter? NEE! Hierdie is deel een van nege leesplanne wat ons deur die boek van Hebreërs lei. Hierdie eerste deel lê die grondslag van Jesus se grootheid en dui aan wat Hom onderskei. God se volk het voor 'n moeilike keuse te staan gekom — volg Jesus en verloor alles, of gaan terug. Is dit die moeite werd om Jesus te volg en soveel te verloor? Ons vind dat ons vandag dieselfde vraag vra — en daarop reageer.

Here, Ek Wil Hoor!
7 Dae
Ons raak gou paniekerig wanneer ons verkeerde besluite geneem het. Soms voel dit mos net of jou lewe uitmekaar val. Ander kere is jy weer so besig dat jy nie meer weet hoe om God te vra vir hulp nie. Kom blaai hierdie week saam met my deur die Woord van God sodat ons mooi kan leer wat ons nodig het om sy stem te hoor.

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.
7 dae
Christene het 'n diep begeerte om in 'n dieper verhouding met God te staan, meer van Hom te beleef en sy weë beter te verstaan. Hierdie leesplan fokus op geestelike dissiplines wat mense kan help om op hierdie pad te loop.

Die Andersheid Van God
7 Dae
Om oor God te praat, is nie eenvoudig nie. Een van die groot redes is die grootheid van God. Daar is egter ook 'n tweede rede: God is totaal anders as ons. In hierdie leesplan probeer ek om enkele aspekte van die andersheid van God te bespreek.

’n Kersfees Saam met Jesus
7 Dae
Gewone mense soos ons word genooi om saam te kom feesvier omdat Jesus na ons toe gekom het. Sy koms het die wêreldgeskiedenis vir altyd verander! Jesus bring egter nie tydelike feesgroete nie. Stephan Joubert kom herinner jou dat Hy hierdie Fees vul met nuwe inhoud. So trek sy feesklere aan in hierdie feestyd en onthou: Hy is die rede vir Kersfees. Hy is die Een oor wie dit gaan.

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
8 Dae
In hierdie leesplan, "Sy Glorie, My Storie: 'n Studie van Sy Heerlikheid in Hebreërs" verken ons, ons identiteit in Christus, hoe om in en vanuit God se teenwoordigheid te leef. Ons leer van die verklarings wat God maak oor ons identiteit en reinheid. Ons sien wat dit beteken om as geloofshelde te leef, en hoe ons bemagtig word deur God se Heerlikheid om die wêreld vir Sy Koninkryk te beïnvloed.

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie
9 Dae
Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.

Om na God te Luister
10 Dae
Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te luister na sy leiding en om die waarheid te onderskei van die vals boodskappe wat jou wil mislei. Ontdek jou sleutelrol in die beoefening van gebed en om na God se stem te luister.

Waarom Ek Glo
11 Dae
Op een of ander stadium in jou lewe sal iemand vir jou vra: "Waarom glo jy?" En as iemand anders dit nie vir jou vra nie, kom die meeste van ons by die punt waar ons vir onsself vra: "Waarom glo ek?" Hierdie leesplan wil jou help om baie eenvoudig vir jouself te formuleer waarom jy glo.

Die basiese beginsels van die Christelike geloof
13 Dae
As jy nuut is in die Christelike geloof, is daar baie om te leer. Mens kan maklik verdwaal in al die stories, sleutelwoorde en waarhede waaroor Christene praat. Hierdie leesplan gee 'n kort opsomming van die basis van die Christelike geloof, deur 'n eeueoue geloofsbelydenis te lees waaroor feitlik alle kerke wêreldwyd saamstem. Dit is die kern van Christenskap wat jy regtig moet weet!

Gebed: 'n 14-dag leesplan deur Tim Keller
14 Dae
New York Times se topverkoper-skrywer en bekende pastoor Timothy Keller ondersoek die krag van gebed, en hoe lesers gebede meer persoonlik en kragtiger kan maak, deur 'n dieper verbintenis met God te smee.

Stormbestand
21 dae
Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek Johannes
25 Dae
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.

Verlosser - Die Belofte Vervul
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.

Wees Bly - Vier die Adventtyd
29 Dae
Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.