Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 6:7

Hou Koers Deur Die Lewe Se Storms
5 Dae
Hierdie 5-dag leesplan neem jou op ’n reis deur die Bybel se bekendste storms. As jy self deur moeilike tye gaan, sal hierdie plan jou help om God se hand in die middel van die chaos te herken, jou hart te ondersoek, op sy Woord te bou en vas te hou aan Jesus, die Een wat die storms stuur, gebruik én stilmaak.

Anderkant die Duisternis
7 Dae
Jy kan rou smart nie soos ’n been spalk of salf daaraan smeer nie. God se genesende sorg is egter tot jou beskikking. Kom saam met Clarissa Moll op ’n reis deur jou hartseer – en ontdek die liefdevolle teenwoordigheid van Christus wat jou nooit verlaat nie. Hoewel hierdie leesplan nie jou diepste smart kan genees nie, sal die inhoud jou versterk en jou gefokus hou terwyl jy deur jou verlies werk.

Stormbestand
21 dae
Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat dat dit jou vermoë om vinnig te groei, verbeter en jou doel in God tot vervulling te bring. Nadat jy dieper in die Woord van God gedelf het, sal jy vind dat daar 'n seëvierende manier is om stormbestand te wees!
