Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 2:6

21 Dae deur Efesiërs
21 Dae
Efesiërs is ryk aan waarhede oor God en sy reddingswerk in ons. Hierdie leesplan is ontwerp om jou te help om dieper in hierdie teks te delf, terwyl jy meer oor God en jouself leer. Die daaglikse ses-stap roetine sal jou help om 'n gewoonte te vestig om die Woord van God te lees en daarby betrokke te raak. Hierdie leesplan word verskaf deur die Christelike Standaard Bybel (CSB). Kom meer te wete by CSBible.com.

Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
28 dae
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.

Efesiërs
30 dae
Vanuit die pragtige hoogtes van wat God vir sy kinders wil hê, verduidelik die brief aan die Efesiërs hoe om in God se genade, vrede en liefde te wandel. Reis daagliks deur Efesiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreld
30 Dae
Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye vennote. Hulle geografiese gebiede verskil dalk, maar hulle is almal verenig met die doel om die Woord van God te verkondig. Reis saam met ons deur die Skrif op 'n 30-dae toer!