Gratis leesplanne en oordenkings oor KOLOSSENSE 2:7

Gemaksug is nie 'n opsie nie
3 Dae
Wanneer stemme van onsekerheid, twyfel en vrees nie gekonfronteer word nie, sal dit jou lewe oorheers. Jy kan dit nie stilmaak of ignoreer nie. In hierdie 3-dag leesplan wys Sarah Jakes Roberts jou hoe jy die beperkinge van jou verlede kan trotseer en die ongemaklike daarvan kan aangryp om onstuitbaar te word.

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense
4 Dae
Ons leef in ’n wêreld wat ons jaag na meer — meer geld, meer erkenning, meer prestasie. Tog, hoe harder ons probeer, hoe leër voel ons. Die mense van Kolosse het dieselfde druk beleef. Paulus skryf aan hulle en wys dat vervulling nie lê in wat ons doen nie, maar in Christus alleen. Hy is die begin en einde van betekenis. Ek nooi jou om saam met my deur Kolossense te reis, om jou ware identiteit in Hom te ontdek. Hy is die middelpunt van jou lewe — dit is waarvoor jy gemaak is.

Vreugde
5 Dae
Vreugde is die grondslag van die Christelike geloof. Jou geluk groei as jy God ontmoet en op sy Woord mediteer. Wanneer jy die volgende verse memoriseer, kan dit jou help om meer vreugde uit die lewe te put! Laat jou lewe verander word deur die Skrif te memoriseer! Om meer te leer oor hoe om dit te doen, besoek: http://www. MemLok. com

Die Phil Dooley 5-Dag Groei Uitdaging vir Mans
5 dae
Daar is soveel meer aan manwees verbonde as wat die wêreld ons wil laat glo. In hierdie groei-uitdaging gaan ons kyk na die lewens van ses Bybelse helde en een anti-held. Ons beleef vandag presies dieselfde uitdagings as hierdie mans. Hul sukses (of gebrek daaraan) hou direk verband met hoe naby hulle aan God geleef het.

Amen
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy
6 dae
Die heerskappy van Jesus Christus is een van die mees verwaarloosde geestelike beginsels in die lewens van Christene. Ons leef ons Christelike lewens en dikwels word God vir ons iemand wat in al ons behoeftes moet voorsien, maar Hy is nie die Here nie.

Om 'n Gesonde Kerk Te Plant
7 Dae
Wanneer God jou tot die bediening roep, kan dit oorweldigend wees, maar dit kan ook die beste ding wees wat ooit met jou kan gebeur. Begin hier in die Woord van God as jou hart geroer is om 'n kerk te stig. Verdiep jou in hierdie 7-dag leesplan, en vind die bemoediging wat jy nodig het om met God se roeping te begin.

Klein Groepe, Enorme Groei
7 Dae
Kerke noem hulle kleingroepe, selgroepe en LifeGroups. Nieteenstaande die name, hulle bestaan om betekenisvolle verhoudinge tussen Christus-volgelinge te skep. Maar hoekom? Is dit die mense met wie ons die gemaklikste in ons Christelike lewens is, of is daar iets meer? Hierdie leesplan, deur die Life.Church se LifeGroups-span, is vir almal wat dink dat God hulle kleingroepie kan gebruik om massiewe groei te bewerkstellig.

Op vlerke van geloof
7 dae
Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Riekert Botha uit sy dagboek OP VLERKE VAN GELOOF.

Nie Oortuig: Verkenning van Geloof as `n Skeptiese Persoon
7 dae
As jy skepties is oor Ou-Testamentiese stories wat soos feëverhale klink, of vasgeval het in die reëls wat saam met godsdienstigheid kom, is hier goeie nuus: om Jesus te volg vereis geloof, maar nie die geloof in `n boek, `n stel reëls, of selfs `n spesifieke godsdienstige sisteem nie. Hierdie plan bied `n beginpunt vir geloof wat uiteindelik iets – of meer spesifiek Iemand – is waarin jy kan glo.

Oes Danksegging Dwarsdeur die Jaar!
7 Dae
Ek staan verstom oor die lesse wat ons kan leer by ander kulture! Sommiges het min materiële besittings maar straal 'n diepe gewaarwording van danksegging en geluk uit! Ek weet nie van jou nie maar ek wil hê danksegging en geluk moet so deel wees van my as wat asemhaling is! In hierdie leesplan gaan ons ontdek hoe om die tydperk van danksegging 'n daaglikse deel van ons lewe te maak!

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees
8 dae
Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die evangelie baie maklik vir iemand te verduidelik.

Lesse Uit My Tuin
12 Dae
Plante en wingerde, water en grond — soveel analogieë wat in die Woord van God gebruik word, omsluit tuinmaak- en boerderypraktyke in wat parallelle vir ons lewens en harte bied. Kom sluit aan by Robin terwyl sy van haar gedagtes oor die kombinering van twee van haar grootste passies deel — tuinmaak en die Bybel.

Kolossense
15 Dae
“Bewaar Jesus eerste” is die fokus van die brief aan die Kolossense, wat hulp bied in hoe om in volle identiteit met Christus te wandel. Reis daagliks deur Kolossense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

Beter Tesame
24 Dae
Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die liggaam van Christus! In hierdie reeks verduidelik Pastoor Rick hoe om die deur die lewe te gaan in verhouding met ander mense.