Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 SAMUEL 7:13

Die Reise Van Die Verbondsark
6 dae
Die verbondsark van die Here is by die voet van die berg Sinai gebou. Nadat die ark van die Here gebou en in die Allerheiligste staangemaak is, het die reise van die verbondsark begin. Die reise van die ark kan in twee dele beskryf word: vanaf berg Sinai tot in die land Kanaän; en vanaf sy aankoms in die land Kanaän tot by sy rusplek in die tempel in Jerusalem.

Sewe Dae van die Kersfeesverhaal: 'n Advent Oordenking vir Gesinne
7 Dae
Dit wil voorkom of ons almal 'n lekker drukkie, werklike verbintenisse en iets nodig het om hier en nou met groot genot te kan vier. Ons bid dat hierdie Advent leesplan vir jou en jou gesin 'n geleentheid sal bied om weer bande met mekaar te smee, om te wete te kom van die ware Kersverhaal en Jesus se geboorte met nuwe tradisies, stories om die etenstafel, slaaptydstories, en gesinsaktiwiteite te vier. Ons vertrou hierdie Kersfeesdrukkie gaan in die Adventtyd pragtige herinneringe na jou huis toe bring!

Vriendskap Met God
9 Dae
Vriendskap met God handel oor wat dit behels om 'n verhouding met God te kweek. Regdeur die Skrif vind ons baie name vir God. Trooster, Here, Beskermer, Voorsiener, en nog ander. Een van die name wat Hy Homself genoem het en wat my diep getref het, is dat Hy Homself my vriend genoem het. Hoe anders sou die lewe wees as ons leef asof God werklik ons vriend is? Dit het my lewe verander en ek hoop dit sal joune ook verander!

Ewige Verbond
29 dae
God het sedert die skepping verbonde met sy volk gesluit om sy karakter en planne vir die wêreld duidelik te maak. In Christus is al God se verbonde vervul. Deur Hom het ons vrede, hoop, sekuriteit, 'n toekoms, heiligheid en geregtigheid. Hierdie Bybelstudie sal die maniere hoe Christus deur die geskiedenis heen God se verbonde aan sy volk vervul het, uitlig en eindig met 'n gefokusde studie van die Kersverhaal

Die Beloofde Messias
29 Dae
Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.