Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 TESSALONISENSE 5:14

Jesus Wandel — Kom Jy? Jesus Is Groter Reeks #9
5 Dae
In hierdie laaste aflewering van nege dele in die reis deur Hebreërs, word praktiese uitdagings en goddelike reaksies op die lewe aan ons voorgelê. Dit is kort en maklik om te verstaan — maar is werklik 'n uitdaging om daagliks in ons lewens te implementeer. Hoe moet ons hierdie uitdagings die hoof bied? LOFPRYSING. Hierdie finale leesplan van Hebreërs illustreer die belangrikheid daarvan om die lofprysing midde uitdagings te bring.

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
7 Dae
Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.

1 Tessalonisense
15 Dae
“Het jy gehoor Jesus kom terug?” – dit is die herinnering in hierdie eerste brief aan die Tessalonisense, wat almal uitdaag om “nog meer uit te blink” in geloof, hoop en liefde. Reis daagliks deur 1 Tessalonisense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.