Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 SAMUEL 18:4

Yster Slyp Yster: Life-to-Life® Begeleiding in die Ou Testament
5 Dae
Verlang jy daarna om "dissipels te maak wat dissipels maak", om sodoende in Jesus se voetspore te volg deur die groot sendingopdrag uit te voer (Matteus 28:18-20)? Indien wel, mag jy agtergekom het dat dit moeilik kan wees om rolmodelle vir hierdie proses te kry. Wie se voorbeeld kan jy volg? Wat beteken dit in die alledaagse lewe om dissipels te maak? Kom ons kyk in die Ou Testament hoe vyf manne en vroue deur hul lewens in ander se lewens (Life-to-Life®) belê het.

Bevryding van Vergelykings
5 Dae
Deur middel van hierdie 5-dag leesplan, Bevryding van Vergelykings, gee skrywer Nona Jones praktiese insig en eenvoudige bemoediging om jou te help om op te hou om jou met ander te vergelyk en eerder 'n bevrydende, vreugdevolle lewe na te jaag — om met selfvertroue te leef en te weet wie God jou geskep het om te wees. Jy kan die boek "Killing Comparison" te koop kry as jy die volle vrymakingsreis wil meemaak.

Na God se Eie Hart
5 Dae
Koning Dawid word in die Nuwe Testament beskryf as 'n man na God se hart, wat beteken dat hy sy eie hart met dié van God in pas gebring het. Terwyl ons Dawid se lewe bestudeer, is ons doelwit vir hierdie reeks om die dinge wat Dawid in 1 en 2 Samuel gedoen het, te ontleed om ons harte in ooreenstemming met God se hart te bring om dieselfde intense fokus en gees te verteenwoordig wat Dawid deur sy hele lewe ten toon gestel het.