As ek weer kon sê (vir groepe)预览

As ek weer kon sê (vir groepe)

5天中的第5天

Dag 5: As ek dit weer kon sê

Inleiding:
Ons almal het al gewens dat ons iets anders gesê het. Dit is nie altyd moontlik om woorde terug te neem nie, maar ons kan in gebed vir vergifnis en herstel vra.

Fokus:

  • Jakobus 3: Woorde het 'n groot invloed en Jakobus herinner ons aan die krag van die tong. Woorde kan bou of breek. Dit is belangrik om ons woorde te gebruik om ander op te bou.
  • Paulus se raad: In Kolossense 4:6 leer hy ons dat ons woorde vriendelik moet wees en van goeie smaak moet getuig. Dit weerspieël die liefde van Christus in ons lewens.

Gesels saam:

  • Dink aan 'n keer toe jy iets gesê het wat jy gewens het jy kon terugneem. Wat het jy geleer van die impak van jou woorde? Hoe kan jy jou woorde anders gebruik om 'n positiewe impak te hê?
  • Paulus moedig die Kolossense aan om deur hulle keuse van woorde ‘n goeie voorbeeld te wees. Op watter plekke kan ons vandag so 'n voorbeeld wees deur die regte woorde te gebruik?

Gebed:
Here, help my om my woorde te gebruik om ander op te bou. Dankie vir die kans om deur vergifnis herstel te word. Amen.

读经计划介绍

As ek weer kon sê (vir groepe)

By Kerksondermure wil ons sien dat mense die Jesuslewe ook saam met ander ontdek. In hierdie Bybelstudiereeks oor woorde kan jy en jou groep gesels oor verskillende Bybelboeke, gedagtes oor woorde en die impak daarvan. Temas soos wanneer om eerder niks te sê nie en wanneer om wel iets te sê is belangrik. Daar is egter nog ander temas ook. Mag jy die Jesuslewe saam met jou groep ontdek wanneer julle saam na 'n wêreld van beter woorde groei.

More