As ek weer kon sê (vir groepe)预览

As ek weer kon sê (vir groepe)

5天中的第2天

Dag 2: Wie iets sê

Inleiding:
Die impak van ons woorde hang nie net af van wat ons sê nie, maar ook van die rol wat ons het wanneer ons dit sê. Wie ons is, beïnvloed hoe ander ons woorde ontvang. As iemand met 'n groot rol of invloed in ons lewens iets sê, sal dit dikwels baie swaarder weeg as iemand anders se woorde.

Fokus:

  • Die krag van wie jy is: Ons roeping en die rol wat ons in ander se lewens speel, dra groot gewig. Wanneer ons met mense praat, is dit nie net wat ons sê nie, maar ook wie ons is wat die woorde versterk in iemand se lewe. As Roger Federer sê jy speel goed tennis sal jy dit belangriker ag as wanneer jou klein sussie of boetie dit sê.
  • Elia en Elisa: In 1 Konings 19 het Elia sy opvolger, Elisa, geroep om hom te volg. Elisa het sy roeping ernstig opgeneem, nie net omdat die woorde belangrik was nie, maar ook omdat dit deur 'n groot profeet uitgespreek is. Wie Elia was, het die krag van sy woorde verhoog.

Gesels saam:

  • Bespreek as groep die verskil wat dit maak wanneer jy met iemand praat wat 'n invloed op jou het in vergelyking met iemand van wie jy nie veel verwag nie. Hoe beïnvloed dit die manier waarop jy hulle woorde ontvang?
  • Miskien het die teenoorgestelde al met jou gebeur. Dalk het iemand nie geweet hoe groot hul impak in jou lewe is nie. Dit kon ‘n familielid, 'n vriend of 'n mentor gewees het. Dalk het hulle eers later besef dat hulle die impak van hulle woorde verkeerd verstaan het.

Gebed:
Here, ek wil verstaan hoe my woorde ander beïnvloed. Help my om met deernis en liefde met mense te praat en om te besef dat ek 'n impak het op ander se lewens. Help my om die rol wat U my gegee het ernstig op te neem. Amen.

读经计划介绍

As ek weer kon sê (vir groepe)

By Kerksondermure wil ons sien dat mense die Jesuslewe ook saam met ander ontdek. In hierdie Bybelstudiereeks oor woorde kan jy en jou groep gesels oor verskillende Bybelboeke, gedagtes oor woorde en die impak daarvan. Temas soos wanneer om eerder niks te sê nie en wanneer om wel iets te sê is belangrik. Daar is egter nog ander temas ook. Mag jy die Jesuslewe saam met jou groep ontdek wanneer julle saam na 'n wêreld van beter woorde groei.

More