As ek weer kon sê (vir groepe)预览

As ek weer kon sê (vir groepe)

5天中的第3天

Dag 3: Kyk wie praat

Inleiding:
Wanneer iemand kommentaar lewer oor ander se gedrag en ons weet die persoon sukkel self daarmee, sal ons sê: “Kyk wie praat!” Dis dan om die persoon te herinner dat hy/sy nie so perfek is nie. Vandag gaan ons anders kyk na hierdie woorde. Ons gaan dit sien as ‘n opdrag. “Kyk wie praat!” beteken om die persoon se redes waarom hy/sy sekere dinge sê, raak te sien. Probeer die persoon beter verstaan.

Fokus:

  • Jesus se empatie: In Johannes 2:24-25 lees ons dat Jesus mense se harte ken. Hy kan "kyk wie praat" en sy reaksie is altyd deernisvol en vol begrip. Ons kan nie altyd weet wat in mense se harte aangaan nie, maar ons kan die Heilige Gees vra om ons te lei in ons begrip van ander se woorde.
  • Filippense 2:1-4: Paulus vra vir eensgesindheid en dat ons nie net op ons eie belange moet fokus nie, maar ook op dié van ander. Wanneer ons "kyk wie praat," moet ons nie net die woorde hoor nie, maar ook die persoon agter die woorde verstaan.

Gesels saam:

  • Gesels saam oor ‘n keer toe jy probeer het om te “kyk wie praat” en watter goeie impak dit op die persoon gehad het.
  • Vra elkeen om te dink aan 'n keer toe hulle met iemand wat vir hulle belangrik was, gesels het en die impak wat die gesprek gehad het. Hoe het dit hulle gesindheid of reaksie beïnvloed?

Gebed:
Here, help my om na mense te luister soos U dit sou doen. Lei my om met die Heilige Gees se leiding verby die woorde te kyk en te sien wat in mense se harte aangaan. Amen.

读经计划介绍

As ek weer kon sê (vir groepe)

By Kerksondermure wil ons sien dat mense die Jesuslewe ook saam met ander ontdek. In hierdie Bybelstudiereeks oor woorde kan jy en jou groep gesels oor verskillende Bybelboeke, gedagtes oor woorde en die impak daarvan. Temas soos wanneer om eerder niks te sê nie en wanneer om wel iets te sê is belangrik. Daar is egter nog ander temas ook. Mag jy die Jesuslewe saam met jou groep ontdek wanneer julle saam na 'n wêreld van beter woorde groei.

More