As ek weer kon sê (vir groepe)预览

Dag 4: Woorde en ongemaklike stiltes
Inleiding:
Ongemaklike stiltes kom dikwels voor wanneer ons nie weet wat om te sê nie. Soms is die beste antwoord om stil te bly en nie 'n situasie met ondoelmatige woorde te vul nie. Dit is in daardie stiltes waar ons die kans kry om God te vra wat die beste aksie is.
Fokus:
- Spreuke 17:27-28: Hierdie vers herinner ons dat stilte soms die beste antwoord is. 'n Dwaas wat stilbly, kan as 'n wyse persoon aangesien word. Soms kan ons deur minder woorde meer sê.
- Die krag van stilte: Ons is geneig om stiltes te vul, maar soms kan die stilte self die ruimte wees om deur God gelei te word.
Gesels saam:
- Deel in jou groep 'n situasie waar 'n ongemaklike stilte ontstaan het. Hoe het jy en dalk ook ander mense daarop gereageer?
- Hoe kan jy stilte in die toekoms dalk anders benader?
Gebed:
Here, help my om die waarde van stilte te verstaan. Wanneer ek nie weet wat om te sê nie, lei my om te rus in u teenwoordigheid en nie ondoelmatige woorde te sê nie. Amen.
读经计划介绍

By Kerksondermure wil ons sien dat mense die Jesuslewe ook saam met ander ontdek. In hierdie Bybelstudiereeks oor woorde kan jy en jou groep gesels oor verskillende Bybelboeke, gedagtes oor woorde en die impak daarvan. Temas soos wanneer om eerder niks te sê nie en wanneer om wel iets te sê is belangrik. Daar is egter nog ander temas ook. Mag jy die Jesuslewe saam met jou groep ontdek wanneer julle saam na 'n wêreld van beter woorde groei.
More