DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop预览

Verkenning van die Belofte
Josua het twee verspieders gestuur om die beloofde land te verken en om inligting in te win oor die vyand en die land wat God aan die volk van Israel belowe het. Dit was 'n daad van voorbereiding vir die uiteindelike inname van die land– die land wat die Here aan hulle beloof het, ‘n land van oorvloed en seën.
Uit die verhaal kan ons ‘n diep geestelike les leer wat ons vandag steeds in ons lewens kan toepas. Die beloofde land in die Ou Testament was ‘n geografiese gebied, maar ook ‘n skadubeeld van alles wat God belowe het om aan sy kinders te gee as deel van sy verlossingsplan: rus, vrede, voorspoed en die vervulling van sy beloftes.
In die Nuwe Testament is Jesus die vervulling van die belofte van ‘n beloofde land, van die teenwoordigheid van God in ons lewe, wat ons na ware vrede, rus, voorspoed en die ewige lewe lei. Jesus het gekom om ons na die geestelike beloofde land van die koninkryk van God te lei.
Soos die verspieders wat Josua uitgestuur het, het Jesus ook gekom om die pad vooruit te verken – nie om inligting in te win nie, maar om die oplossing en antwoord op die grootste probleme van die mensdom te bring: Die verlossing van sonde en die herstel van ons verhouding met God. Hy het immers Homself verklaar as die Weg, die Waarheid en die Lewe. Deur sy dood en Opstanding het Hy die uiteindelike "beloofde land" wat die ewige lewe vir elke gelowige belowe moontlik gemaak.
Soos die Israeliete die beloofde land moes ingaan en in besit neem, moet ons as gelowiges die beloftes van God in Jesus Christus in ons lewens aanvaar en dit deur geloof in besit neem. Mag ons, soos die Israeliete, die beloofde land met geloof betree en die volheid van wat Jesus vir ons deur sy dood gekoop het, in ons lewens ervaar.
Gebed
Here, dank U vir U belofte van verlossing wat U deur Jesus Christus vir ons gegee het. Help ons om die beloofde land in ons eie lewens te besit, nie net as 'n toekomsbelofte nie, maar as 'n werklikheid wat ons elke dag in geloof ervaar. Lei ons in u rus en vrede en mag ons u koninkryk op aarde uitbeeld. Amen.
读经计划介绍

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.
More