DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop预览

God roep die onwaarskynlike buitestaander
Ragab voldoen nie aan die vooropgestelde beeld van iemand wat mense sou dink God se keuse sou wees om te gebruik nie. Sy was ‘n sondige vrou en deel van ‘n volk wat onder oordeel was, maar God het haar raakgesien.
Hy het nie gekyk na haar verlede of haar swakhede nie, Hy het haar geloof raakgesien. Sy het haar vertroue in die God van Israel gestel, selfs toe haar verlede en sonde teen haar opgestapel was. Die waarheid is; dat God weet om diegene wat Hom nodig het te soek en te vind.
Hy het geweet om Matteus by die Tolhuis te vind, Saggéüs in ‘n boom, Moses, wat gehuiwer het om te praat, Dawid, wat die jongste in sy gesin was, Maria ‘n nederige jong meisie en natuurlik Ragab in Jerigo net voor die inname. God wou nie net genade aan Ragab bewys nie, maar ook aan haar ‘n nuwe toekoms gee.
Max Lucado, ʼn skrywer, beskryf dit so raak: “God se genade vind ons waar ons is, maar dit laat ons nie daar bly nie.”
God word nie beïnvloed deur hoe die wêreld mense etikette omhang nie. Hy sien ons hart en die potensiaal wat ons self nie raaksien nie. Jy mag dalk voel dat jou foute jou diskwalifiseer, dat jou verlede te donker is, of dat jou rol in die samelewing te onbeduidend is, maar God kyk na jou met liefde en genade. Hy kan en wil jou gebruik om sy doelwitte te bereik, ongeag wat ander mag dink.
Dink aan ‘n area in jou lewe waar jy soos ‘n "onwaarskynlike kandidaat" of selfs uitgesluit voel waar jy dalk dink jy is nie goed genoeg nie. Skryf dit neer! Bid daaroor en vertrou God om jou raak te sien en te gebruik.
Doen ook vandag iets om iemand anders wat uitgesluit voel, te bemoedig. Dit kan ‘n vriend wees wat met selfvertroue sukkel of ‘n kollega wat oor die hoof gesien word. Wees vir hulle die stem wat sê: “Ek sien jou raak.”
Gebed
Here, U kyk nie na die dinge waarna mense kyk nie. U sien my hart, my drome en my potensiaal, selfs wanneer ek dit nie kan raaksien nie. Dankie dat U my raaksien en my liefhet, selfs al voel ek soos ‘n buitestaander. Help my om u stem te hoor en U te vertrou om my te gebruik, net soos U vir Ragab gebruik het. Wys my ook hoe ek ander kan help om u liefde en genade te beleef. In die Naam van Jesus. Amen.
读经计划介绍

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.
More