DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop预览

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

40天中的第29天

Om vas te hou aan die rooi tou

Met die uitdagings van die lewe voel dit dikwels of ons op die rand van ineenstorting staan. Ons mag dalk die gevoel hê dat ons vasgevang is in situasies waarvan ons nie kan ontsnap nie.

Verlies, teleurstellings en onsekerheid toets ons geloof en ons vermoë om vas te staan. Dit is in hierdie oomblikke dat ons herinner moet word aan die sterkte van Jesus – die "sterk tou" wat ons anker in storms is en dié Een wat ons krag gee om voort te gaan.

Soos die rooi tou in Ragab se huis reddingsboei teen die vernietiging van Jerigo was, so is Jesus ons veilige toevlug. Ragab se storie is nie net een van oorlewing nie, maar van geloof en vasberadenheid. Sy het haar vertroue in die God van Israel geplaas en haar lewe aan sy beloftes verbind.

Hierdie verhaal wys hoe God sy kinders red en versterk te midde van uitdagings. Net soos Ragab, het Jesus self ook die pad van lyding met vasberadenheid gestap. Hy het sy aangesig op Jerusalem gerig gehou, vasbeslote en doelgerig die kruis vir die verlossing van die wêreld gedra. Sy gehoorsaamheid aan die Vader en sy liefde vir ons het Hom versterk, selfs in die donkerste oomblikke.

Psalm 18:3 beskryf hierdie krag van God: “Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting” (NLV). Wanneer ons oorweldig voel deur die lewe, is dit die Here wat ons veilig hou en ons dra. Hebreërs 12:1-2 nooi ons uit om ons oë op Jesus gevestig te hou.

Hy verstaan ons swaarkry, want Hy het self die pad van lyding gestap. Soos Ragab en Jesus, kan ons met geloof en vasberadenheid leef deur onsself aan God te verbind – die een wat ons nie sal laat faal nie.

Jesus is ons rots, ons veilige toevlug en ons sterke tou. Net soos Ragab veilig te midde van die oordeel oor Jerigo was, is ons veilig in Christus. Plaas jou vertroue in en op Hom en ervaar hoe Hy jou deur elke storm en uitdaging dra.

Gebed

Here Jesus, dankie dat U ons rots en sterke anker is. Wanneer ons swaarkry en oorweldig voel, help ons om ons oë op U gevestig te hou. Vergewe ons vir die kere wat ons op ons eie krag probeer staatmaak en nie op U vertrou nie. Gee ons die vasberadenheid en geloof van Ragab, sodat ons u stem kan gehoorsaam en op u beloftes kan bou. U genade is genoeg en U is ons skuilplek in alle storms. Lei ons, versterk ons en anker ons lewens in U. Amen.

读经计划介绍

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.

More