KykNET Lent Gids预览

KykNET Lent Gids

39天中的第19天

Wanneer ek opsoek is na verbintenis ... (om te behoort)

Die Mis

Wat ek sê, voel ek nie
Wat ek voel wys ek nie
Wat ek wys is nie werklik nie
Wat werklik is, Here — weet ek nie
Nee, nee, nee – ek weet nie.
Ek weet nie hoekom ek elke keer
As ek 'n nuwe liefde vind, ek dit uiteindelik vernietig
Ek weet nie hoekom ek so
Vreemdgesind is nie, ek bly dit geniet

Hoekom raak ek aan die slaap
Weer met beloftes van diepe vasberadenheid,
Dan kom die dag
En skielik verdwyn die beloftes —
Ek weet nie …
Wat ek nodig het, het ek nie
Wat ek het, besit ek nie
Wat ek besit wil ek nie hê nie
Wat ek wil hê, Here, weet ek nie.

-Extract from The Mass, by Leonard Bernstein (Vrye vertaling na Afrikaans)

Verbintenis en Dialoog

"7Daarop gaan Moses uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan. 8Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat die Here aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat die Here hulle verlos het. 9En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat die Here aan Israel gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het. 14En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe? 15En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg. 16As hulle 'n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wette bekend maak. 17Maar Moses se skoonvader sê vir hom: Die ding wat jy doen, is nie goed nie. 18Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; 12jy kan dit nie alleen doen nie. 19Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jy die sake voor God …"
Eksodus 18:7-9, 14-19.

Die woestyn is ‘n plek waar ons bedreig word en in die moeilikheid beland. Ter wille van oorlewing kyk ons dan dikwels na ander. Dit is nie net vir fisieke redes wat ons na ander kyk nie, maar ook vir emosionele, sosiale en geestelike redes. Alhoewel ons fisiek baie onafhanklik kan funksioneer, is dit nie moontlik om emosioneel, sosiaal en geestelik op ons eie te oorleef nie. Uit ‘n evolusionêre oogpunt het verbintenis om fisieke oorlewing gegaan, maar vandag gaan verbintenis meer om sin en betekenis in die lewe.

In Eksodus 18 vind ons ‘n verhaal waarin ons onsself kan sien met al die verhoudings waarin ons leef. Ons word bekendgestel aan die dinamiese aard van verbintenis en die dialoog wat ‘n verhouding tot stand bring en in stand hou. Die ruimte tussen jou en iemand of iets anders is nie staties nie, maar verander deurlopend. Ons het die vermoë om goeie, lewegewende verhoudings tot stand te bring. Ek is nie ‘n slagoffer as ek in ‘n verhouding leef wat net pyn voortbring nie. Ek het ‘n keuse. Ons word uitgenooi om te groei in die kuns van verbintenis en dialoog om in lewegewende verhoudings te leef.

Herhaalgebed:

Here, ek vra vir die genade van konneksie en dialoog in my verhoudings.

读经计划介绍

KykNET Lent Gids

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.

More