5 Mini-oordenkings vir kinders预览

Ek is altyd by jou
Jy weet dalk nie waarheen jou lewe op pad is nie. Dinge lyk dalk nou deurmekaar, maar Ek ken jou lewe van die begin tot die einde en Ek weet presies watter besluite jy moet neem om op die regte pad te bly.
Wanneer die lewe moeilik en deurmekaar is, moet jy weet dat Ek altyd by jou is. Daarom hoef jy nie bang te wees nie. Net soos as ons in ’n parkie sou loop, hou Ek jou hand vas terwyl ons deur die lewe loop.
Hemelse Vader, ek vind vrede daarin om te weet dat U in beheer is van my lewe en my liefhet. Help my om die regte dinge te doen sodat ek op die pad kan bly wat U vir my beplan. Amen
Hierdie oordenkings is geneem uit MINI-OORDENKINGS VIR KINDERS deur Cherie Hill © Christelike Uitgewersmaatskappy.