5 Mini-oordenkings vir kinders预览

Soek ook na die versteekte seëninge
Ek weet dit lyk soos My skuld wanneer die lewe moeilik is. Jy dink dalk Ek weet nie wat Ek doen nie! Maar soms laat Ek toe dat dinge moeilik raak, want dit gee jou geloof die kans om te groei. Wanneer jy deur moeilike tye gaan, is dit eintlik ’n seën, want dit gee vir jou die kans om nog meer in My te glo.
Wanneer moeilike tye dus kom, gaan staan eers stil en onthou dat Ek belowe het om alles reg te laat uitwerk.
Liewe Here, ek weet ek is soms ondankbaar wanneer die lewe moeilik raak … Help my om te sien dat U vir my sterker geloof gee wanneer daar moeilike dinge in my lewe gebeur. Amen