5 Mini-oordenkings vir kinders预览

’n Geskenk van God
Daar is regtig baie min dinge in die lewe wat jy heeltemal gratis gaan kry, maar my liefde vir jou en my beloftes is gratis – wanneer jy in My en my Seun, Jesus, glo. Daar is niks wat jy hoef te doen om my liefde en beloftes te verdien nie. Dit is ’n geskenk waarvoor jy dankbaar kan wees.
Wanneer jy leeg voel; asof niks gaan soos jy wou gehad het nie, wil Ek hê jy moet stop en dink aan al die goeie dinge in jou lewe wat Ek vir jou gegee het. Dan kan jy dankbaar wees, want dit is gratis geskenke.
Here, dankie vir u beloftes. Dankie dat U elke dag by my is en vir my hoop gee. Amen