5 Mini-oordenkings vir kinders预览

Tel jou seëninge
Ek wil hê jy moet altyd dankbaar wees vir alles wat jy het. Jy moet onthou dat Ek altyd na maniere soek om jou te seën.
Terwyl jy wag dat Ek jou gebede moet antwoord, wil Ek hê jy moet na maniere soek hoe jý ’n seën vir ander mense kan wees. Elke keer wat Ek jou seën, gee Ek vir jou ’n klein stukkie van die hemel hier op aarde. Jy kan ook vir ander mense tot seën wees en vir hulle ’n stukkie van die hemel wys.
Here, help my om ’n seën vir ander mense te wees. Help my om te vertrou dat U in al my behoeftes sal voorsien. Amen