Kom, Here Jesus, Kom预览

Memoriseervers:
Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.
Johannes 14:27
Uitdaging vir die Week:
Jesus het belowe dat Hy sal terugkom. Skryf hierdie week neer hoe hierdie belofte jou lewe beïnvloed. Maak dit jou meer doelgerig? Help dit jou om groter hoop vir die toekoms te hê? Plaas dit meer passie en dringendheid op die dae van jou lewe, omdat jy weet die tyd kom nader?
读经计划介绍

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vrees, misleiding en onenigheid. Kyk ons na die toekoms, voel baie van ons wanhopig. Die antwoord is God. God is ons hoop en ons bestemming.
More