Kom, Here Jesus, Kom预览

Kom, Here Jesus, Kom

43天中的第14天

Lees: Openbaring 22:20–21

SOAP: Openbaring 22:20

Hy wat dit alles getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus!

Oordenking

Jesus kom binnekort. Dit beteken ons dae is getel, en die horlosie tik. Ek kan nie eens dink hoe daardie heerlike dag sal wees wanneer ek uiteindelik vir ewig by Jesus kan wees nie. Ek is seker wanneer ek terugkyk op my lewe sal dit lyk na 'n kort tydjie in vergelyking met die ewigheid saam met Christus. Ek kan my voorstel dat die beproewings, verdrukkings en pyn wat ek ervaar het, binnekort vergeet sal word in die lig van die ewigheid saam met Christus.

Om saam met Jesus op my toekoms te fokus, help my vandag om te volhard.

Die besef dat daar 'n tydlyn en 'n einddatum is, help my om voort te gaan wanneer my hart in die versoeking kom om te wanhoop. Op dae wanneer ek te veel aanlyn was of die jongste nuusopdatering gekyk het in plaas daarvan om die Woord van God te lees, is ek in die versoeking om bekommerd te wees oor die toekoms. Dit is in daardie tye dat ek myself moet herinner om terug te gaan na die Woord van God en dit toe te laat om my hart te kalmeer en my gemoed gerus te stel.

Om vandag se verse te lees, doen dit vir my. Om te onthou dat Jesus binnekort terugkom, help om dit alles in perspektief te plaas, want dit herinner my dat die beproewings en verdrukkings waarin ek my vandag bevind, nie vir ewig sal duur nie. Die ‘binnekort’ waarvan Jesus hier praat, sal eendag ‘nou’ wees. Om hieroor te dink, help my om vandag te volhard.

Gebed

Dierbare Heer, dankie vir die belofte dat U binnekort terugkom. Help ons om ons beproewings met volharding te verduur en die hoof te bied. Help ons om ons dae te tel en dit te laat saak maak, om nie deur twisgesprekke en onbeduidende sake op ‘n syspoor gebring te word nie. Help ons om gefokus te bly op U en die opdrag wat U ons gegee het — om dissipels van alle nasies te maak. Help ons om diegene in ons huise en ons dorpe met u liefde te bereik. Tot die heerlike dag wanneer ons U uiteindelik van aangesig tot aangesig sien, sal ons aanhou bid, kom, Here Jesus, kom. Amen.

读经计划介绍

Kom, Here Jesus, Kom

Ek glo ons almal voel dit aan. Daar het ‘n verskuiwing gekom. Die wêreld voel buite beheer en dit lyk asof wat ons oor die laaste dae in die Bybel gelees het, voor ons oë bewaarheid word. Ons dae is ‘n mengelmoes van vrees, misleiding en onenigheid. Kyk ons na die toekoms, voel baie van ons wanhopig. Die antwoord is God. God is ons hoop en ons bestemming.

More