Jou Vers Vir Vandag预览

Johannes 11:25-26
"Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?’
- In hierdie spesiale tyd van die jaar onthou ons dat Hy vir ons gesterf en weer opgestaan het.
- Om te leef deur in Hom te glo, bring lewe, die ewige lewe, in ons lewens.
- Hy is jou opstanding en jou lewe.
- Plaas jou lewe in sy hande en glo in Hom.
Gebed: Vader, ek glo in U. Ek glo dat U die opstanding en die lewe is waarna my siel so smag. Dankie dat U na my wêreld gekom het en my losprys betaal het sodat ek gered kan word en die ewige lewe kan hê. In die Naam van Jesus. Amen.
读经计划介绍

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More