Jou Vers Vir Vandag预览

Romeine 8:28
"En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is."
- God sal ons chaos neem en dit in ‘n boodskap van hoop verander.
- Hy sal ons mislukkings neem en dit in ‘n oorwinningskreet verander.
- Hy sal wat stukkend is neem en dit ‘n doel en betekenis gee.
- Hy sal alles wat verlore en gesteel is tot sy eer herstel.
Gebed: Vader, U is die groot Hersteller. U neem al die dinge wat ek moes hanteer en sien en U verander dit in iets goeds. U gee my lewe betekenis, hoop en ‘n doel. In die Naam van Jesus. Amen.
圣经
读经计划介绍

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More