Jou Vers Vir Vandag预览

Psalm 107:20
"Hy het sy Woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red."
- Die Woord van God is kragtig en is in staat om ons te red en te verlos.
- Daar is twee wonderlike dinge wat die Here vir ons wil doen.
- Hy wil hê dat ons sy genesende krag in ons lewens moet ondervind.
- Hy wil ook hê dat ons sy verlossende en reddende krag moet ondervind.
Gebed: Vader, dankie vir u kragtige Woord wat genesing en verlossing in my lewe bring. Spreek Here en stuur u Woord na die areas van my lewe waar ek u hulp die nodigste het. Ek bid dat U my sal genees en verlos. In die Naam van Jesus. Amen.
读经计划介绍

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
More