1
Genesis 25:23
Die Bybel 2020-vertaling
AFR20
Die HERE het vir haar gesê: “Twee nasies is in jou moederskoot, en twee volke – uit jou liggaam sal hulle uitmekaar gaan. Die een volk sal sterker wees as die ander volk, en die oudste sal die jongste dien.”
ஒப்பீடு
Genesis 25:23 ஆராயுங்கள்
2
Genesis 25:30
Esau sê toe vir Jakob: “Gee my asseblief 'n sluk van die rooi goed, hierdie rooi goed, want ek is uitgeput.” (Daarom word hy Edom genoem.)
Genesis 25:30 ஆராயுங்கள்
3
Genesis 25:21
Isak het by die HERE gepleit ter wille van sy vrou, want sy was onvrugbaar. Die HERE het hom verhoor, en Rebekka, sy vrou, het swanger geword.
Genesis 25:21 ஆராயுங்கள்
4
Genesis 25:32-33
Toe sê Esau: “Kyk, ek is op die punt om dood te gaan; wat is 'n eersgeboortereg dan vir my werd?” Jakob het gesê: “Lê eers vir my 'n eed af.” Hy het toe vir hom 'n eed afgelê en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.
Genesis 25:32-33 ஆராயுங்கள்
5
Genesis 25:26
Daarna het sy broer uitgekom, met sy hand wat aan Esau se hakskeen vashou. Hulle het hom toe Jakob genoem. Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.
Genesis 25:26 ஆராயுங்கள்
6
Genesis 25:28
Isak het van Esau gehou, want wildsvleis was na sy smaak; Rebekka, daarenteen, het van Jakob gehou.
Genesis 25:28 ஆராயுங்கள்