Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 63 YA 365

Derek Kidner gee hierdie twee verse dié opskrif: “Vrees van die goddelose.” Die diepste vrees van die goddelose is tegelykertyd die diepste begeerte van die regverdige. God. Wanneer die stormwind kom, is die goddelose daarmee heen. Die regverdige daarenteen bly vir ewig staan. Trouens, hulle “is ’n ewige fondament” soos die Hebreeus dit letterlik uitdruk. Jesus gebruik hierdie woorde uit Spreuke aan die einde van die Bergrede: Die wyse man bou sy huis op die rots … en die dwase man bou sy huis op die sand (Matteus 7:24-25).

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More