Chapa ya Youversion
Ikoni ya Utafutaji

Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Spreuke – eenjaarleesplan

SIKU 349 YA 365

God is daar vir almal wat by Hom skuil.

Vers 5: Tóg, ten spyte van Agur se ontoereikende bewussyn, is dié God (Eloah — die naam vir God wat hy hier gebruik, soos in Job 3:4) daar vir almal wat by Hom skuil. Hy beskerm hulle en elke belofte van God is (vir hulle) betroubaar. Voorwaar ‘n woord wat op jou spieël in die badkamer geplak moet word, sodat jy jouself hieraan kan herinner as jy in die oggend opstaan en dat dit die laaste ding kan wees wat jy sien voor jy gaan slaap.

Vers 6: Dit is waarom jy niks moet probeer byvoeg by wat Hy gesê het nie. Nie net is dit onnodig nie, maar gevaarlik. Hy sal van jou rekenskap vra. Hy sal jou as leuenaar ontbloot.

Kuhusu Mpango huu

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More