Spreuke – eenjaarleesplanMfano

Tema 6 – Luiheid is ‘n passiewe vorm van dwaasheid.
Hierdie 4 verse stel die probleem van luiheid onomwonde:
• Luiaards vind verskonings in denkbeeldige gevare – ‘n leeu in die pad of op die dorpspleine (Spreuke 22:13).
• Luiaards bly onaktief – hulle draai rond op hulle bed soos 'n deur op sy skarniere – vers 14.
• Luiaards maak niks klaar nie, want hulle is te moeg – hulle bring nie eers die kos na hulle mond toe terug nie – vers 15 (ook Spreuke 19:24).
• Luiaards dink uitermate baie van hulle eie insig – vers 16.
Die beskrywing van luiheid ontbloot dit eintlik as dwaasheid. Dwaasheid gaan mank aan respek vir God.
Andiko
Kuhusu Mpango huu

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More