1
Jeremia 8:22
Bybel vir almal
ABA
Daar is balsem in die land Gilead, en daar is dokters, maar my mense het nie gesond geword nie.
Compară
Explorează Jeremia 8:22
2
Jeremia 8:4
Die Here het gesê: “Jeremia, jy moet vir die mense van Jerusalem sê: Die Here sê: Wanneer mense geval het, dan staan hulle weer op, wanneer hulle van 'n pad afgeloop het, dan draai hulle om en kom weer terug.
Explorează Jeremia 8:4
3
Jeremia 8:7
Die ooievaars, die duiwe, die swaeltjies en die kraanvoëls weet wanneer om terug te kom en wanneer om te gaan, maar my volk weet nie wat Ek wil hê hulle moet doen nie.
Explorează Jeremia 8:7
4
Jeremia 8:6
Ek het goed geluister na wat hierdie mense sê. Hulle sê nie wat hulle moet sê nie. Niemand is jammer oor die verkeerde dinge wat hy doen nie. Niemand sê: ‘Wat het ek gedoen?’ nie. Elkeen loop op sy eie verkeerde pad, soos 'n perd wat reguit vorentoe hardloop na 'n oorlog toe.
Explorează Jeremia 8:6
5
Jeremia 8:9
Die mense wat dink hulle het wysheid, bly nou stil, hulle weet nie wat hulle moet sê nie. Dit is omdat hulle nie geluister het na wat Ek sê nie, en daarom het hulle ook nie wysheid nie.”
Explorează Jeremia 8:9