Лого на YouVersion
Икона за пребарување

Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagПримерок

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

14 ДЕН ОД 44

Lees: Handelinge 9

SOAP: Handelinge 9:31

Bemoediging is ‘n kragtige wapen teen ontmoediging, angs, depressie, vrees, woede en stres. Vrede is nog ‘n kragtige wapen teen hierdie dinge. God se vrede hou oor ons harte en gedagtes die wag en gaan alle verstand te bowe. (Filippense 4:7) 

Die vroeë kerk het hierdie vrede beleef. Hulle is versterk namate hulle op die vrede wat God voorsien het, gefokus het. Solank hulle hul fokus op die Here behou het, is hulle bemoedig. Die bediening van die Heilige Gees in hulle lewens, individueel en gesamentlik, het hulle hierdie vrede, bemoediging en krag laat beleef.

Solank ons op God gefokus bly, kan ons die vrede wat Hy graag vir ons wil gee, ontvang en beleef. Hy is genadig en sorgsaam en begeer om in ons behoeftes te voorsien. Die vroeë kerk is voortdurend versterk en hulle ledetal het voortdurend gegroei, omdat hulle op God gefokus gebly het. God is vandag steeds getrou. Net soos die vroeë kerk sal Hy ons ook versterk, solank ons harte en lewens op Hom gefokus bly. 

Vader God, dankie vir u vrede wat alle verstand te bowe gaan. Dankie dat U my versterk wanneer ek dit die nodigste het. Laat u vrede my hart oorweldig en versterk u mense. Maak my oë oop om te sien wie ek vandag kan bemoedig. Amen. 

Свето Писмо

Ден 13Ден 15

Опис за овој план

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.

More