Saam Met Jesus in Die Boot보기

Is sy nabyheid gee die spoke pad
’n Vrou het eenkeer vir die Engelse digter Samuel Taylor Coleridge gevra of hy in spoke glo. Toe antwoord hy so ewe: “Nee, dame. Ek het al self hopeloos te veel gesien.” Dit herinner ’n mens nogal hoe die dissipels in Matteus 14 gereageer het. Terwyl hulle in die middel van die nag in ’n storm op die See van Galilea was, kom Jesus op die water na hulle toe aangeloop. Hulle verwar Hom egter met een of ander spookagtige figuur uit die onderwêreld. Dan begin hulle skree van vrees. Hulle dink ’n spook is op pad na hulle toe. Nogtans is Jesus se genade groter as sy dissipels se twyfel en klein geloof. Nadat Jesus vir Petrus genooi het vir ’n kort water-wandeling, klim Hy saam met hulle in die skuit.
Meteens raak die stormwaters rustig as Jesus by sy dissipels aan boord gaan. Dieselfde gebeur ook in die dissipels se harte. Vrees maak dan dadelik plek vir aanbidding.
Vandag gebeur dieselfde nog steeds. Elke spook van vrees en klein geloof gee blitsvinnig pad in Jesus se nabyheid. Hy wat ligvoets op die stormwaters loop, is altyd naby aan sy mense. Om dit te weet, is om vrees te vervang met vertroue. Dit is om klein geloof te verruil vir aanbidding. Maar dan moet ons Hom herken en erken as die Here wat storms stilmaak. En as die Here wat aan boord van ons lewens is.
묵상 소개

Stephan Joubert wil vandag gesels oor Jesus wat in Matteus 14 op pad na die dissipels was. Hy wou by hulle in die boot klim ... Hy wou deel van hulle lewe wees. Vandag is dit nog net so waar. Sy nabyheid gee vir ons die krag wat ons nodig het om elke dag vir Hom te leef. Hierdie 7 oordenkings kom uit GEREED VIR VANDAG.
More
관련 묵상 계획

Love God Greatly 예수 안에 거하는 삶

Love God Greatly 예수 안에 거하는 삶 (다음 세대용)

예수님 알아가기 : 예수님은 무엇을 하셨고, 왜 중요한 분이신가요?

예수님 알아가기: 예수님은 우리에게 무엇을 주실까요?

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 5월

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 7월

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 3월

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 6월

예수님 알아가기: 예수님은 어떤 분이셨나요?
