Saam Met Jesus in Die Boot보기

Saam Met Jesus in Die Boot

7 중 1 일째

Bou ’n brug

Dit is nie waar dat almal op die planeet slegs vir hulleself leef nie. Of dat almal net wil baklei en alles wil vernietig nie. Wanneer iemand jou nood met jou deel, of ’n hand van vriendskap na jou toe uitsteek, gebeur die regte soort lewe steeds hier in ons dag.

Doen vandag dieselfde. Bou vandag ’n nuwe brug in die Naam van die Here. Om ’n verskil te maak in die lewe van mense wat jou lewenspad kruis, is regtig nie so moeilik nie. Jy hoef eintlik nie eens so baie te doen nie. Jy moet maar net daar wees vir hulle. Dit is oorgenoeg. Net ’n stukkie van jou tyd, ’n oop hart en ’n oop hand sal die wêreld se verskil aan hulle lewens maak.

Geloof in die Here verander jou in ’n deernisvolle mens. Die Gees van God het reeds ’n sagter hart aan jou gegee. Sy omgee en medelye is in jou lewe ingemessel. Daarom kan jy in die Naam van Jesus ’n beker koue water vir iemand aandra. Of vrede maak waar mense aan die stry en baklei is. Of oor die straat stap om jou bure te help. Of in deernis iemand met wie jy ’n goor verhouding het in die oë gaan kyk en daardie ou boeke toemaak. Onthou ook: “Ekskuus” en "Jammer" is steeds die beste brug ooit na ander mense toe.

Bou asseblief die regte brûe in die Naam van Jesus.