Saam Met Jesus in Die Boot보기

Die waarheid is een lyn lank
Kwinkslae is baie gewild – ek praat nou van daardie kort en kragtige uitsprake van een of ander bekende wat jou anders oor die lewe laat dink. “One-liners” noem die Engelse ouens dit. Jesus self is briljant met sulke kwinkslae oor God en oor die lewe. Daar is in die evangelies te veel om op te noem: “Soek eerste die koninkryk van God, en alles sal vir jou gegee word.” “Wie eerste is, sal laaste wees, en wie laaste is, eerste.” “Bekeer julle, want die koninkryk van God is hier.” “Wie sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar wie sy lewe om My ontwil verloor, sal dit behou.”
Jesus se kort en kragtige uitsprake is nie net mooiklinkende woorde, of “goed-voel”-lesse wat bedoel is om op sosiale media gedeel te word nie. Jesus wil elke keer met sy kwinkslag-uitsprake ’n ruim venster op God se nuwe wêreld oopmaak. Sy woorde is uitnodigings om vars en anders te dink oor God en oor die lewe. Dit is uitnodigings om in die Here se spasie en in sy lewegewende verhaal in te beweeg. Jesus wil hê dat ons deur sy oë na die lewe sal kyk. Jesus se woorde is bedoel as kort en kragtige padwysers na God en na mekaar toe. Dit leer ons om te leef met liefde en respek. Luister hierna. Leef dit!
묵상 소개

Stephan Joubert wil vandag gesels oor Jesus wat in Matteus 14 op pad na die dissipels was. Hy wou by hulle in die boot klim ... Hy wou deel van hulle lewe wees. Vandag is dit nog net so waar. Sy nabyheid gee vir ons die krag wat ons nodig het om elke dag vir Hom te leef. Hierdie 7 oordenkings kom uit GEREED VIR VANDAG.
More
관련 묵상 계획

Love God Greatly 예수 안에 거하는 삶

Love God Greatly 예수 안에 거하는 삶 (다음 세대용)

예수님 알아가기 : 예수님은 무엇을 하셨고, 왜 중요한 분이신가요?

예수님 알아가기: 예수님은 우리에게 무엇을 주실까요?

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 5월

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 7월

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 3월

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 6월

예수님 알아가기: 예수님은 어떤 분이셨나요?
