Saam Met Jesus in Die Boot보기

Geseënd is die laatkommers
In 1939 het George Dantzig laat opgedaag vir ’n wiskundeklas. Die dosent het reeds twee probleme op die bord neergeskryf. Dantzig het dadelik hierdie huiswerk neergeskryf en by die huis hieraan gaan werk. Dit was moeilik, maar uiteindelik het hy dit reggekry en aan sy dosent, Jerzy Neyman, oorhandig. Die professor was verstom. Dit was toe nie huiswerk nie. Dit was twee probleme wat hy op die bord geskryf het om vir studente te wys dat selfs die beste wiskundiges van daardie tyd dit nie kon oplos nie. Maar toe kry Dantzig dit reg. ’n Mens kan maar net wonder wat sou gebeur het as hy daardie dag betyds vir sy klas opgedaag het!
“Ons het dit al probeer, maar dit werk nie,” sê mense dikwels. Daarom gaan dinge maar voort op dieselfde vervelige, vaal en voorspelbare maniere. Genadiglik is daar steeds ’n paar geloofshelde in die omgewing wat laat opgedaag het toe almal gekla het hoe sleg dinge gaan. Mense wat die wêreld andersom laat draai, is daardie handjievol geloofshelde wat glo hulle is deur Christus se krag in staat om binne enige situasie met krag en hoop en liefde te leef. As die vure van haat brand, bring hulle die Here se water nader. As hoop verlore is, spoor hulle dit op en deel dit uit. As mense honger is, staan hulle nie verleë rond nie. Dan spring hulle in en deel kos uit. Geseënd is sulke laatkommers!
묵상 소개

Stephan Joubert wil vandag gesels oor Jesus wat in Matteus 14 op pad na die dissipels was. Hy wou by hulle in die boot klim ... Hy wou deel van hulle lewe wees. Vandag is dit nog net so waar. Sy nabyheid gee vir ons die krag wat ons nodig het om elke dag vir Hom te leef. Hierdie 7 oordenkings kom uit GEREED VIR VANDAG.
More
관련 묵상 계획

Love God Greatly 예수 안에 거하는 삶

Love God Greatly 예수 안에 거하는 삶 (다음 세대용)

예수님 알아가기 : 예수님은 무엇을 하셨고, 왜 중요한 분이신가요?

예수님 알아가기: 예수님은 우리에게 무엇을 주실까요?

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 5월

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 7월

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 3월

Sola Scriptura : 공동체 성경 읽기 무브먼트 6월

예수님 알아가기: 예수님은 어떤 분이셨나요?
