Logo YouVersion
Îcone de recherche

Vandag Se WoordExemple

Vandag Se Woord

Jour 8 sur 10

Filippense 4:6

"Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God."

  • Wanneer ons onafhanklik is, is ons oor alles besorg. 
  • Wanneer ons op God vertrou, hoef ons nie angstig en bekommerd te wees nie. 
  • Soms moet ons terugkyk en onsself herinner aan hoe getrou God was. 
  • Dan kan ons vorentoe kyk met die verwagting dat Hy steeds getrou sal wees.

Gebed: Vader, ek kies om te vertrou en om my sorge en bekommernisse in u bekwame hande te plaas. Dankie vir alles wat U vir my gedoen het, ek sien uit na u getrouheid, nou en in die toekoms. In die Naam van Jesus. Amen.

Écritures

À propos de ce plan

Vandag Se Woord

Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More