Hoshea 14
14
1Keer terug, o Yisra’el, na יהוה, jou God, want jy het gestruikel deur jou onregverdigheid.
2Neem woorde saam met julle en keer terug na יהוה. Sê vir Hom: “Verwyder alle onregverdigheid en ontvang ons goedgunstiglik sodat ons die vrug van ons lippe kan aanbied.
3“Ashur kan ons nie red nie, ons sal nie op perde ry nie en ons sal ook nie meer sê: ‘Ons god,’ vir die werk van ons hande nie, want in U vind die weeskind onverdiende guns.”
4Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle vrylik liefhê, want My woede het van hulle af weggedraai.
5Ek sal vir Yisra’el wees soos die dou; hy sal bloei soos die lelie en hy sal wortelskiet soos die L’vanon.
6Sy lote sal uitgroei en sy prag sal wees soos die olyfboom en sy geur soos die L’vanon.
7Die wat in Sy skaduwee leef, sal weer koring groei en hulle sal bloei soos die wingerdstok. Sy bekendheid sal wees soos die wyn van L’vanon.
8O Efrayim, wat het Ek nog met afgode te doen? Dit is Ek wat antwoord en na jou kyk. Ek is soos ’n weelderige Sipres; van My af kom jou vrug.
9Wie ook al wys is, laat hom hierdie dinge verstaan; wie ook al onderskeiding het, laat hom dit ken! Want die lewenswyse van יהוה is reg en die onpartydige en opregte sal daarin loop, maar die oortreders sal daarin struikel!</book>
S'ha seleccionat:
Hoshea 14: SPC
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.