1 Korinthiërs 10
10
1My broers, ek wil hê dat julle moet weet dat ons vaders almal onder die wolk was Eks 13:21-22 en almal deur die see gegaan het, Eks 14:19-31
2almal deur Mosheh ingedoop is in die wolk en in die see,
3almal dieselfde geestelike kos geëet het Eks 16:4-36
4en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ’n geestelike Rots wat is Eks 17:1-7; Ps 105:41 en die Rots is Die Gesalfde Een.
5Nogtans was God met die meeste van hulle nie tevrede nie, want hulle het geval in die wildernis. Num 14:27-38; 26:63-65
6Hierdie dinge is ’n voorbeeld vir ons dat ons nie begerig moet wees na boosheid soos hulle begeer het nie
7en ook nie dienaars van afgode moet wees soos sommige van hulle was nie; soos geskrywe is: “Die mense het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel.” Eks 32:6
8Laat ons ook nie seksueel immoreel wees soos sommige van hulle seksueel immoreel was en daar op een dag drie en twintig duisend geval het nie.
9Laat ons ook nie Die Gesalfde Een toets soos sommige van hulle getoets het en slange hulle vernietig het nie. Num 21:4-6
10Ons moet ook nie kla soos sommige van hulle gekla het en deur die vernietiger vernietig is nie. Eks 12:23; Num 17:6-13
11Al hierdie dinge het gebeur as voorbeeld vir ons en is opgeskryf as ’n waarskuwing aan ons, want die einde van die wêreld het by ons aangekom.
12Van nou af, elkeen wat dink dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
13Geen versoeking het na julle toe gekom behalwe van ’n mens nie, maar God is vertrouenswaardig, wat nie sal toelaat dat julle bo julle vermoë getoets word nie, maar Hy sal vir julle versoeking ook ’n uitkoms gee sodat julle dit sal kan verdra. Ya'a 1:13
14Om hierdie rede, julle vir wie ek lief is, vlug weg van die diens aan afgode.
15Ek praat soos met intelligente mense; beoordeel self wat ek sê:
16Die beker van danksegging wat ons oor bid, is dit nie deelname aan die Teenwoordigheid van die bloed van Die Gesalfde Een nie? Die brood wat ons breek, is dit nie deelname aan die Teenwoordigheid van die liggaam van Die Gesalfde Een nie?
17Net soos dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons deel almal aan die een Brood.
18Let op na die fisiese Yisra’el: het hulle wat die offers eet, nie deel aan die altaar nie?
19Wat sê ek dus? Dat ’n afgod enige iets is, of dat ’n afgodsoffer enige iets is? Nee!
20Dit wat die heidene offer, offer hulle aan demone en nie aan God nie en ek wil nie hê dat julle deel moet kry aan demone nie.
21Julle kan nie die beker van ons Meester drink en die beker van demone nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van ons Meester en aan die tafel van demone nie.
22Of wil ons die jaloesie van ons Meester opwek? Is ons sterker as Hy?
23Alles is onder my outoriteit, maar nie alles is tot voordeel nie. Alles is onder my outoriteit, maar nie alles bou óp nie.
24Niemand moet nét sy eie belange soek nie, maar óók die belange van sy naaste.
25Jy mag alles eet wat in die slaghuis verkoop word sonder navraag, ter wille van die gewete,
26want die aarde behoort aan יהוה en alles wat dit vol maak.
27As een van die ongelowiges julle nooi en julle wil gaan, eet dan alles wat vir julle voorgesit word, sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
28As iemand egter vir julle sê: “Dit is geoffer”, mag jy dit nie eet nie, as gevolg van dit wat hy vir jou gesê het en ter wille van die gewete.
29Ek sê nie jou gewete nie, maar die van die een wat jou vertel het, want waarom word my vryheid geoordeel deur ’n ander se gewete?
30As ek in onverdiende guns optree, waarom word ek sleg van gepraat oor iets waarvoor ek dank?
31Of julle dan eet of drink of enige iets doen, doen alles tot eer, lof en aanbidding van God.
32Wees sonder oortreding vir die Jode, die Arameërs of vir die gemeente van God;
33net soos ek almal in alles tevrede stel en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie sodat hulle lewe mag hê.
S'ha seleccionat:
1 Korinthiërs 10: SPC
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.