Psalms 146
146
1Loof Yah helder en duidelik! Loof יהוה helder en duidelik, o my lewe!
2Ek sal יהוה helder en duidelik loof solank as ek lewe; ek sal sing en musiek maak tot my God solank as wat ek lewe.
3Vertrou nie op prinse, of op die seuns van die mens, in wie geen hulp is nie.
4Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe, op daardie selfde dag hou sy gedagtes op.
5Gelukkig is hy wat die God van Ya’akov het as sy Hulp, wie se versekerde verwagting in יהוה, sy God is,
6wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat die waarheid vir ewig behou; Hand 4:24; 14:15; Open 10:6
7wat aan die onderdruktes regverdige oordeel verskaf, wat kos gee aan die hongeres. יהוה bevry die gevangenes.
8יהוה maak die oë van die blindes oop; יהוה lig hulle op wat neergebuig is. יהוה het die regverdiges lief.
9יהוה versorg die armes; Hy voed die vaderloses en weduwees, maar die pad van die bose keer Hy om. Eks 22:22-24
10יהוה sal vir ewig heers, jou God, o Tziyon, tot in alle geslagte! Loof Yah helder en duidelik!
S'ha seleccionat:
Psalms 146: PWL
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.