Psalms 143
143
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Luister en hoor my gebed, o יהוה; draai U oor na my smekinge; antwoord my in U eie woorde en in U onpartydige opregtheid
2en laat U dienskneg nie voor die oordeel gebring word nie, want niemand wat leef, is voor U aangesig regverdig nie, Rom 3:20
3want die vyand het my lewe vervolg; hy het my lewe teen die grond neergegooi; hy het my in duisternis laat lewe soos hulle wat lankal dood is;
4daarom is my gees oorweldig in my, my verstand, wil en emosie binne-in my is omgekrap.
5Ek onthou uit die ou dae; ek oordink al U dade; ek dink ná oor die werke van U hande.
6Ek steek my hande uit na U; my lewe dors na U soos ’n dorstige land.
7Antwoord my gou, o יהוה: my gees faal! Steek nie U gesig vir my weg nie sodat ek nie sal wees soos hulle wat afgaan na die put nie.
8Laat my van U liefdevolle goedheid hoor in die oggend, want in U vertrou ek; laat my weet watter pad om op te loop, want ek lig my lewe op na U.
9Bevry my van my vyande, o יהוה en leer my om U wil te doen,
10want U is my God, U sagte Gees sal my lei op die pad van die lewe.
11Vertroos my, o יהוה, om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil; lei my lewe uit die moeilikheid ter wille van U onpartydige opregtheid
12en maak die wat my haat stil deur U goedheid en vernietig al die vyande van my lewe, want ek is U dienskneg.
S'ha seleccionat:
Psalms 143: PWL
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.