Psalms 132
132
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. O יהוה, onthou vir Dawid en al sy benoudhede;
2hoe hy aan יהוה gesweer het en ’n gelofte gedoen het aan die Magtige God van Ya’akov:
3“Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my huis of op my bed klim nie;
4ook sal ek nie slaap vir my oë of sluimering vir my ooglede gee nie
5totdat ek ’n plek gevind het vir יהוה, ’n huis vir die Magtige God van Ya’akov!”
6Let op, ons het daarvan gehoor in Efratah; ons het dit in die velde gevind.
7Ons sal in Sy tent ingaan, ons sal neerval voor Sy voetstoel.
8Staan op, o יהוה, gaan in in die plek van U rus, U en die ark van U krag!
9Laat U priesters aangetrek wees in onpartydige opregtheid Open 19:8 en U afgesonderdes uitroep van vreugde.
10Draai nie die gesig van U gesalfde weg nie, ter wille van U dienskneg, Dawid.
11יהוה het in waarheid tot Dawid gesweer (Hy sal daarvan nie wegdraai nie): “Van die vrug van jou liggaam sal Ek jou troon opstel. Hand 2:30
12As jou seuns My verbond sal hou en My getuienisse wat hulle sal leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou troon sit,
13want יהוה was verheug met Tziyon, Hy het dit gekies as Sy blyplek.
14Dit is My rus vir ewig; hier sal Ek bly, want Ek het dit begeer.
15Ek sal haar jagters oorvloediglik seën; Ek sal haar behoeftiges versadig met brood.
16Ek sal ook haar priesters aantrek met verlossing en haar afgesonderdes sal uitroep van vreugde.
17Daar sal Ek die horing van Dawid laat blink en ’n lig aansteek vir sy gesalfde.
18Ek sal sy vyande met skaamte aantrek, maar My afgesonderdheid sal hom oordek.”
S'ha seleccionat:
Psalms 132: PWL
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.